Sunday 11 May 2014

WHAT IF TOMORROW NEVER COMES??

Gisteraand het ek en my man 'n hewige rusie gehad.  Dit was nou 'n behoorlike "fight" soos die Engelsman sal sê.  Omdat hy net naweke by die huis is het ons  opgekropte emosies gehad omdat ons probeer het dat alles net "smooth sailing" moet wees as hy hier is.  

Ons kleinste kuikentjie het naderhand ons kamerdeur kom toemaak en gesê sy stel nie belang om ons te hoor nie.   Ons altwee het goed gesê wat ons nie bedoel nie en het naderhand besluit ons mors net mekaar se tyd.  Ons het gestort en in die bed geklim, en manlief het met die kleine kuiken, wat nou al 'n yslike meisiekindjie van 16 is, gaan praat en, soos ek vanoggend verneem het, het hy vir haar die versekering gegee dat ons die goedjies moet uitsorteer.  Waarop sy reageer en so ewe sê, sy weet ons is lief vir mekaar.   Dankie tog vir 'n goeie reputasie van liefde en respek tussen ons.

Hy het langs my in die bed kom klim en na 'n ruk van stilte het hy begin uitreik na my en met my gepraat, waarop ek natuurlik op daardie oomblik so kwaad en hardekwas was dat ek eerder wou slange vang as om enigsins positief te reageer op sy toenadering.   Soos my manlief is laat hy hom nie afsit as hy sy vrou se toegeneendheid soek nie.  Met die gevolg, hy het net nie opgehou nie.  Sy hande het oor my liggaam gestreel en ek het gevoel hoe ek begin ontspan, maar wou nie met hom vrede maak nie.  Dus het ek allerhande goed gesê om hom mooi te laat verstaan, dis nou een aand waarop die son gaan ondergaan oor my toorn.  

Terwyl hy alles probeer het om die harmonie te herstel, het ek alles probeer om hom te wys ek stel nie belang nie.  Ons twee se liedjie het skielik by my opgekom en die woorde het deur my kop begin maal.  If tomorrow never comes!!!   Dit het my regtig begin pla en ek glo God se Gees het op daardie oomblik die liedjie in my hart gelê.  Ek het begin ontspan en die oomblik toe ek nie meer vir die vyand geleentheid gee om ons verhouding te benadeel nie, het daar 'n ongelooflike gevoel van harmonie en vrede tussen ons gekom wat ek nog nooit voorheen ervaar het nie.  Ek het so naby aan my man gevoel en vanoggend toe ons opstaan kon ons die probleme waaroor ons mekaar so ingevlieg het,  van aangesig tot aangesig aanspreek en daaraan werk.  Hy het netnou vir my gesê dit was die lekkerste dag saam met my,  en dit net omdat ons leke gesels het en mekaar se beste vriende was.

Nodeloos om te sê - die son het toe NIE onder gegaan oor my toorn nie.

DINK DAARAAN:
WHAT IF TOMORROW NEVER COMES??


1 comment: