Monday 5 May 2014


Wat is die een ding in die lewe wat ons lamlê?  VREES!!! 
 Ek het gisteraand gaan slaap en vanoggend opgestaan met vrees.  Ek was bevrees oor die blog.  Sê nou ek sê iets waarvan iemand nie hou nie, sê  nou my Engels is nie goed genoeg nie, mense lag my uit, spreek negatief oor my, verstaan my verkeerd.  Allerhande vrese het my beetgepak
Dit was bogenoemde vrese wat gemaak het dat ek maande lank uitgestel het.  Ek het verskonings uitgedink.  Die tyd en die omstandighede was nooit reg nie. 

Toe ek in die week vir Lelani, my oudste dogter sê ek moet met die blog begin, het sy onmiddelik gereageer en gesê:  "mam, ek het wakker gelê gisteraand daaroor, mam wil wag tot dit die perfekte omstandighede is en so gaan maande verby of dit gebeur nooit."Ek glo God se Gees het dit deur haar bevestig.

2 Tim 1:7  sê egter dat God ons nie 'n gees van vreesagtigheid gegee het nie, maar van krag, liefde en selfbeheersing.

In 2 Tim 1:6 sê Paulus vir Timotheus dat hy hom herinner om die genadegawe van God aan te wakker wat in hom is.  Vers 5 sê dat Timotheus 'n ongeveinsde geloof in hom gehad het, en Paulus vermaan hom dan ook om standvastig te wees in die geloof en in die bediening.

Moenie toelaat dat vrees in die pad staan van dit wat God wil hê jy vir Sy koninkryk moet doen nie.  Ek moedig jou aan.  Sit jou voet in die water, gee die eerste tree,  hou jou oog op Jesus Christus, die begin en voleinder van jou geloof,  en weet God gaan alles ten goede vir jou laat meewerk omdat jy hom liefhet.   Hy is n waarmaker van Sy Woord.  

Vader
Ek dank U vir my vermoens en talente.  Dankie vir die genadegawes wat U vir my gegee het.  Ek bely vandag dat God my nie 'n gees van vrees gegee het nie, maar een van krag. liefde en selfbeheersing.
Volgens 2 Tim 1:8 wil ek my nie skaam oor die getuienis van onse Here nie.  
Ek beveel elke gees van vrees om te gaan in Jesus Naam.  
Versterk my geloof in JESUS NAAM.  
AMEN

No comments:

Post a Comment