Sunday 25 May 2014

Gebed verander sake

Vader
Ek bely my totale afhanklikheid van U. 
 Ek dank U dat u genade vir ons genoeg is.
As ek terugkyk op ons lewenspad en die moeilike
tye wat ons deurgemaak het dan weet
ek, U was altyd daar. U sal ons nooit begewe
of verlaat nie.   Ek is weereens vanoggend so bewus
van U Alomteenwoordigheid.  Die aarde Here, is vol 
van U heerlikheid.
Daar is niemand soos U nie.  
Ek bely dat Jesus Christus die Seun van God is.  
My God is op die troon, en ons so bevoorreg
om U troonkamer van genade te nader.
As ons U in Gees en Waarheid aanbid gebeur
daar iets in die geestesdimensie, en ek 
weet verseker dat geen wapen wat die vyand teen
ons smee kan slaag nie, want ons staan vas
in die Naam van Jesus.

U Naam is ver bo elke naam.  Aan die Koning van die Eeue,
die Onveranderlike, Onsienlike, Alleenwyse God,
kom toe die lof, die eer en die heerlikheid
tot in alle ewigheid.
Elke vyandsmag is aan ons onderwerp en die grondgebied'
wat U vir ons uitgemeet het,  "claim" ek in Jesus Naam.
Ek eis dit wat die vyand van ons gesteel het,
sewevoudig terug in  Jesus Naam.
Omdat U leef sien ons kans vir elke dag.

Ek het U lief Here met my hele hart, met my hele
verstand, en met alles wat binne in my is.
Dankie vir die Heilige Gees wat ons Leidsman is.

In Jesus Christus is elke belofte ja en amen.
Ek staan op elke belofte in U kosbare Woord.

Dankie vir hierdie dag wat U gemaak het.
Ek is bly en juig daarin

Dankie vir U beskerming en die bloed van Jesus.  Dankie
dat U die engele aangaande ons beveel om ons
te bewaar op al ons wee. 

Ek bid hierdie gebed nie alleenlik vir my gesin nie,
maar ook ons onderskeie families,  ons vriende, kennisse en elkeen 
wat hierdie blog sal lees.

Wees geseend in Jesus Naam

Amen



No comments:

Post a Comment