Tuesday 13 May 2014

ROADTRIP


Dit was nog altyd my middelste meisiekind, Cindy, se wens om op 'n "roadtrip" saam met haar vriendinne te gaan.  Dit moes met  'n Volla of 'n ou bus wees.
Daar moet "surfboards" op die dak wees en hulle wou die hele land deur toer en alles wat die lewe hulle sou bied, geniet.
Hulle is nou uit die skool uit en almal studeer of werk en het nog nie hul droom uitgeleef nie.

Die lewe draai nie altyd uit soos ons hoop of selfs oor droom nie.

As ek trugdink aan alles wat ek graag wou doen en bereik.  Jong meisie drome wat nooit gerealiseer het nie,  selfs drome wat ons vir ons kinders ons mans ons families, het.
Baie keer is ons drome en gedagtes onrealisties, dis nie in lyn met God se plan vir ons lewe nie of ons maak keuses en neem besluite wat veroorsaak dat die verloop van ons lewe anders is as wat ons gedroom het.

Maak nie saak wat die rede is,  een ding weet ek verseker  -  God is ons Stuurman .  Ons moet vashou aan die wonderlike wete dat alles vir ons ten goede gaan meewerk omdat ons Hom liefhet.
Daar was 'n tyd in my lewe wat dit vir my gevoel het dat niks wat ons as 'n gesin beplan of aanpak, God se wil vir ons lewe was nie.  Niks het uitgedraai soos ons gehoop het nie.
Nou kyk ek terug en weet dat God se gedagtes vir ons mooi is.  Volgens Psalm 139 is sy gedagtes vir ons meer as die sand.

Soos met alles in ons lewe moet ons onwrikbaar glo dat God in beheer is.  Ons moet Hom in beheer plaas en Sy Wil vir ons lewe soek.

Hou vas, moet nooit ophou droom nie,  God plaas drome in ons hart.  

DIE BESTE Lê NOG VOOR

1 comment: