Wednesday 7 May 2014

VROU - BESKERM JOU MAN

Die vrou is met 'n doel uit haar man se ribbebeen gemaak.  Die ribbekas beskerm en sy het 'n lewende beskermer vir haar man geword.  Hoe beskerm ons ons mans.?  Op die stadium kan ek nie 'n paar karatehoue of selfs 'n paar "kickboxing moves" uithaal nie, en aangesien my man nie in dieselfde stad as ek bly deur die week nie, is daar nie veel wat my hulpkrete of enige menslike poging wat ek moontlik kan aanwend,  vir hom in enige situasie gaan beteken nie.

Wat ek doen is om vir my man te bid.   Vrou, beskerm jou man, maak hom toe met jou gebede.
Psalm 91 sê Hy sal sy engele aangaande ons opdrag gee om ons te bewaar op al ons wee.  Omdat ons Sy Naam ken sal Hy ons beskerm.   Net soos die bloed van die lam die Israeliete beskerm het, netso beskerm die bloed v Jesus ons vandag.

In my Bybel is 'n aantekening by Psalm 4:9 wat soos volg lui:  11September 2008
                                                                                                       Barry werk in De Aar.
Daar staan geskryf - Ek wil in vrede gaan lê en meteens aan die slaap raak, want U, o Here, alleen laat my in veiligheid woon.

Vader, ek pleit die bloed van Jesus oor my man en my kinders.  
Dankie dat U ook my skoonseuns, wat nog onbekend by my is, beskerm Here.
Dankie dat U die engele aangaande ons sal opdrag gee om ons te bewaar op al ons wee.
Ek is bevoorreg om U Naam te ken.
Geen wapen wat die vyand teen ons smee sal slaag nie, want ek staan vas in die Wonderlike Naam van Jesus.
Neem hulle onder U beskerming en weerhou onheil van hulle
In Jesus Naam
Amen

2 comments:

  1. Ek kan getuig dat dit werk..die Bloed v Jesus beskerm en dit doen n deeglike werk. Dit sal nice wees om n paar getuies te kry van God se beskerming! xx

    ReplyDelete
  2. Dis baie waar Lelani. Ek dink net in die week wat verby is waar die hysbak se motor amper op dad se werkmense wat in die skag gewerk het, geval het. Die bloed v Jesus het hulle beskerm en slegs die scaffolding is platgeval, Dankie vir U beskerming Vader

    ReplyDelete