Thursday 15 May 2014

GIRLS WITH CURLY HAIR


My vriendin Hannetjie het hierdie pragtige fototjie vir my vroeer in die week gestuur.  Daars altyd iets of iemand of selfs 'n reuk of 'n gebeurtenis wat jou laat dink aan iemand anders.  Wel,  dit het my lieflike vriendin aan my laat dink.   Ek het dit vroeg die oggend ontvang en het baie lekker begin lag.  My dag het met 'n lag begin en ek en sy het allerhande lawwe goed oor en weer kwytgeraak.





Hierdie is die foto wat ek vir haar teruggestuur het en soos dit vir my lyk was sy nie ver uit die kol met die foto wat haar aan my laat dink het nie.  Hierdie foto het ons geneem toe ek een oggend opgestaan het met my blou polka dot "nighties" en my woeste bos hare.  Ek het dit nog meer deurmekaar gekrap en grappies met my jongste dogter Jess, gemaak.   So het daardie dag ook met 'n lag begin.



Ek het albei die fotos vir 'n ander vriendin, my kids en my man gestuur en vertel hoe lekker ek en Hannetjie gelag het.  Hoe weet ons die ander een lag lekker as dit 'n "whatsapp"  geselsie was.?  Dis reg - Lol, of soos in my ander vriendin Linda se geval wha haaaaahaaa haa ha ahahaa.  Ek het haar nie gesien of gehoor nie, maar omdat ek haar ken en weet hoe lekker sy kan lag, het ek gelag vir haar reaksie.  Ek het almal beveel om die foto dadelik te delete, want Hannetjie het gesê ek lyk pragtig en sy gaan die foto op fb sit.  Ek het selfs daaroor gelag.   Ek het egter besluit om dit met julle te deel want om te lag is goed vir die liggaam, gees en siel.

SPREUKE 18 : 22
"n Vrolike hart bevorder die genesing,
maar 'n verslae gees laat die
gebeente uitdroog.

My dag het met 'n lag begin en daardie hele dag was daar niks wat my vreugde kon steel nie.  
VIND JOU VREUGDE IN DIE HERE  
Hy wil jou genees en herstel na siel, gees en liggaam.


ps.  vir die van julle wat dalk gewonder het of hulle name verander is om hulle identiteit te beskerm,  wel, die antwoord is, nee!!  haha




1 comment:

  1. Hahah! Wat n pragtige kiekie. Dit het my dag gemaak. EMBRACE THE CURLYNESS! God openbaar homself en sy vreugde soms ook deur mense.

    ReplyDelete