Sunday 18 May 2014

MANLIEF SE PREEK

My man het gisteroggend baie vroeg opgestaan en tot onder by die see gestap.
Toe hy terugkom het by my op die bed kom sit en die wonderlike woord wat hy gekry het terwyl hy stap met my gedeel.  Ek wil dit baie graag met julle deel en glo dit sal vir julle net so van seen wees soos dit vir my was. 

Aangesien hy in die konstruksie bedryf is het hy geloop en na al die mooi huise op sy pad gekyk.  Waar ons bly is regtig pragtige huise en elkeen het sy eie unieke boustyl.  
Hy kyk met 'n meer kritiese oog aangesien vakmanskap vir hom baie belangrik is.
Hy sĂȘ terwyl hy loop en kyk sien hy die pragtige huise en verskillende unieke boustyle en Argitektoniese ontwerpe.  Maar hy sien ook dat elke huis, maak nie saak hoe groot of mooi, iewers 'n kraak of 'n skewe muur of 'n fondasie wat sak of 'n geut wat skeef sit, het.   Miskien is die pleisterwerk nie perfek afgerond nie, of die waterdigting is nie reg gedoen nie, wat ookal die probleem, maar as jy mooi kyk sien jy iets wat nie perfek en 100% reg is nie, maak nie saak hoe klein.

Terwyl hy stap vestig die Heilige Gees sy aandag op die natuur om hom, en hy besef as hy na God se Skepping kyk is alles volmaak.  Selfs as die blommetjie skeef hang is hy nog steeds volmaak.  Elke blaartjie, elke blommetjie, elke vetplantjie, selfs die see en die sandduine,  die dou op die gras,  dis alles perfek geskep.   Die Heilige Gees wys hom deur die vergelyking met die natuur en die gebreke in die huise, dat op mense kan ons nie vertrou nie, maar God wat 'n volmaakte werk doen,  deur net te spreek en dit is so,  kan ons altyd staatmaak en vertrou.   Mense faal soms, maar God se genade is nog steeds vir hulle genoeg.  Dit was so amazing om saam my man op 'n Sondagoggend op die bed te sit terwyl hy die wonderlike boodskap aan my oordra.

As ons na Genesis 1 kyk, het God net gespreek en dit was so.
Hoe kan ons nog enigsins twyfel aan die Grootheid en die Almag van God?  Ons dien 'n God van Wonders en ek sal vir geen oomblik daaraan twyfel.  Hy is die Een wat die onmoontlike moontlik maak.  Op my God vertrou ek.  Sy Naam wil ek verhef, Sy lof besing tot in ewigheid. 

JESAJA 40:28 - 31
Weet jy dit nie? Of het jy dit nie gehoor nie? 
 'n Ewige God is die Here,
 SKEPPER VAN DIE EINDES VAN DIE AARDE, 
 Hy word nie moeg of mat nie, 
daar is geen deurgronding van Sy verstand nie.
Hy gee die vermoeide krag en
 vermenigvuldig sterkte vir die wat geen kragte het nie.
Die jonges word moeg en mat,
 en die jongmense struikel selfs,
maar die wat op die HERE wag,
 kry nuwe krag,
 hulle vaar op met vleuels soos arende,
 hulle hardloop en word nie moeg nie,
 hulle wandel en word nie mat nie.



THESE BONES WILL SING.!!!



3 comments:

  1. Wow. Dit beteken baie vandag vir my.

    ReplyDelete
  2. God is so getrou. Hy weet wat ons nodig het nog voordat ons Hom vra

    ReplyDelete
  3. God is so getrou. Hy weet wat ons nodig het nog voordat ons Hom vra

    ReplyDelete