Wednesday 21 May 2014

'n HART VAN VLEES

ESEGIEL 11 : 19 - 20
En Ek sal hulle een hart gee,
en 'n nuwe gees in julle binneste gee,
en Ek sal die hart van klip
uithulle vlees verwyder en hulle
'n hart van vlees gee,
sodat hulle in my insettinge kan
wandel en my verordeninge kan hou
en dit doen; en hulle sal vir my
'n volk wees, en Ek sal vir 
hulle 'n God wees.

Daar was 'n tyd in my lewe wat ek so vol verbittering en 
onvergewensgesindheid was, dat my hart kliphard was.
Alhoewel ek die Here nog altyd liefgehad het kon Hy my nie gebruik
soos Hy wou nie want ek was te vol verbittering.  

Nadat God Jesaja se lippe aangeraak het met 'n 
koolvuur van die altaar,  sy skuld weggeneem en sy sonde versoen het,
was Jesaja gereed en toe die Here vra: Wie sal ek stuur? Het
Jesaja dadelik geantwoord en gesê:  hier is ek, stuur my (Jesaja 6:5-8)

Daar was 'n dag in my lewe wat God 'n afspraak met my gehad het
in 'n klein kerkie in George.  Ek het daardie dag met 'n verwagting kerk
toe gegaan en God het dit raakgesien.
Daardie Sondagoggend het Hy my vrygemaak van verbittering en 
onvergifnis.  Hyt my hart van klip verwyder en vir my 'n hart van 
vlees ingeplant.

Jy sien, die verbittering het my hele liggaam vergiftig en my siek gemaak.
Spreuke 14 : 30 sê vir ons dat 'n rustige hart lewe is vir die vlees,
maar hartstog verrotting vir die gebeente.

My gedagtes was so oorgeneem deur mense en situasies wat my
seergemaak het in my verlede dat God my nie kon gebruik soos Hy wou.
Mense maak jou dalk nog op 'n daaglikse basis seer en stel jou teleur, maar
dit affekteer my nie meer soos in die verlede nie.
Ek weet wie ek in Jesus Christus is.

Ons vergeef mense nie net ter wille van hulle nie, maar ter wille van onsself.
Die persoon wat jou gedagtes en jou lewe oorheers met onvergifnis gaan aan
met sy/haar lewe, hulle het dalk al vergeet wat hulle gedoen het ens.
Vergewe, spreek vry.

Joyce Meyers het vanoggend gesê: 
YOUR PAIN BECAME YOUR GAIN
YOUR MESS BECAME YOUR MINISTRY.

BE CONFIDENT IN WHO  YOU ARE IN CHRIST, I AM


No comments:

Post a Comment