Monday 5 May 2014

GELOOF - 'n bewys van die dinge wat ons nie sien nie.

 -  May 3, 2014

 
Alhoewel ons baie naby die see bly en die see pragtig kan sien,  is die mis op die oomblik so dig dat ons glad nie see of Jeffreysbaai wat in die verte lê of selfs amper die bure se huis, sien nie.  
Die Woord leer ons dat God beheer het oor elke  brander wat breek en elke keer wat ek vir die see kyk herinner my dit net nog meer aan die grootheid en die Almag van God.

Dit is hoe ons geloof moet wees.  So seker soos wat ek nou is dat onder hierdie digte mis n pragtige see lê,  al kan ek dit nie nou sien nie,  net so seker moet ons wees dat God op die troon is, dat Jesus gegaan het om vir ons 'n plek te berei,  dat Hy al ons sondes en al ons siektes op Hom geneem het by Golgota. Al voel ek dit nie op hierdie stadium elke dag in my liggaam nie,  weet ek ons dien 'n God van wonders en in die gees sien ek myself weer rondhardloop saam met my kinders, ek sien myself gesond met gesonde gebeentes en sterk spiere.

Volgens Hebreers 11 : 1 is die geloof 'n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, 'n bewys van die dinge wat ons nie sien nie.
Wat so wonderlik is, dit bly nie net onsigbare dinge nie, dit wat ons glo word 'n werklikheid, want ons God is 'n Waarmaker van Sy Woord.

Deur Jesus se wonde is ek genees.
Amen

No comments:

Post a Comment