Monday 5 May 2014

JY MAAK SAAK

 
1 Johannes 4:10 
Hierin is die liefde:  nie dat ons God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en sy Seun gestuur het as 'n versoening vir ons sondes.

Hoe wonderlik om te weet God het ons so oneindig lief gehad dat Hy sy enigste Seun vir ons gegee het.  En selfs al was jy die enigste mens op hierdie aarde, is jy nog steeds so kosbaar vir die Vader, dat Hy dit nog steeds net vir jou sou gedoen het.

Jimmy Swaggart sing 'n lied wat sê - IT MATTERS TO HIM ABOUT YOU.  Daar was 'n tyd in my lewe wat ek nie gedink het God het ;n plan vir my lewe of dat ek enigsins kosbaar is vir hom nie.   Dis egter 'n leuen van die vyand, want die woord leer ons dat God ons by die naam geken het nog voor ons in ons moederskoot gevorm is.  Die psalmdigter sê in Psalm 139:14,  dat ons wonderbaar is, wonderbaar is u werke.

Dankie Vader dat my gebeente vir U nie verborge was toe ek in die geheim gemaak is nie, kunstig geweef in die dieptes van die aarde.
U het my ongevormde klomp gesien, en in u boek is hulle opgeskrywe, dae dat alles bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie.
Hoe kosbaar is dan vir my u gedagtes, o God!  Hoe geweldig is hulle vol som nie!
Wil ek hulle tel, hulle is meer as die sand, word ek wakker, dan is ek nog by U.
Amen

































No comments:

Post a Comment