Friday 9 May 2014

OM TE HUPPEL SOOS 'N KIND


Here, hierdie vrou sal weer huppel soos toe sy 'n kind was.!!!

Dis die woorde van  tannie Irah van Rooyen wat sy tot God geroep het terwyl sy vir my gebid het 'n paar jaar gelede.  Sy't my voorgekeer voor kerk en saam my teruggegaan na my huis toe.  Daar het sy my voete gewas, my met sout besprinkel, my gesalf.  Daardie oggend het sy vloeke gebreek en tot God geroep vir my genesing.

Toe sy bid dat ek weer sal huppel soos toe ek 'n kind was het ek nog by myself gedink, ek wonder of die tannie weet wat sy nou bid, want ek was 'n baie wilde dogtertjie.
Ek was baie lief vir hardloop en spring en het selfs van ons dak af op die bure se hoop sand gespring.  Ek het nie verby 'n deurkosyn geloop voor ek nie gespring het en probeer het om dit te raak nie.  

Dis 'n paar jaar later en huppel ek soos 'n kind?  Nee.
Gaan ek weer huppel soos 'n kind?  Ja, Ja 'n duisend maal Ja.
My God is op die troon en Jesus het klaar die prys betaal.  Deur die wonde van Jesus is ek genees.  

EK GAAN DANS VOOR DIE HERE, EK GAAN HUPPEL AS EK LOOP.

ps.  As God se Gees oor my kom dan dans ek alreeds voor die Here.  Halleluja, loof die                         Wonderlike  Naam van Koning Jesus.

No comments:

Post a Comment