Tuesday 26 August 2014

Vriendin jy MAG maar moeg word

"Vriendin, jy MAG maar moeg word"

Dis die woorde wat twee baie kosbare vriendinne 
vandag vir my gesê het.  Selfs Moses het moeg
geword en dan het Aaron en Hur gekom en sy arms
omhoog gehou.  

Ons gesin is in 'n nuwe stad met nuwe uitdagings,
en ek het net erken dat ek moeg is en selfs bang.
Hulle het my arms omhoog gehou en saam met my
gebid.  Soos Aaron en Hur gedoen het het hulle 
weerskante van my kom staan en my arms omhoog
gehou, en saam met my gebid.
Dit was so amazing en ek het net gevoel hoe God
se Gees deur my begin spoel en my vernuwe.
My denke en my gees is vernuwe.  Ek het in tale
begin spreek en ek weet in die geestesdimensie het daar
iets gebeur vandag.  Ek ervaar dit in my liggaam,
ek ervaar dit in my uitspraak oor ons lewe, my
man se werk, my kinders.  Ek weet die God wat ons
dien, is die God van die onmoontlike.  Dis die
God wat 'n pad in die woestyn maak.  Hy skep
riviere in die wildernis.

Die een vriendin het haar hand op my arm gelê
 en my uitgedaag om te sê wat die laaste ding was
wat God vir ons gesê het.  Het Hy vir ons gesê om PE
toe te kom.?  As ek sê dis 'n baie ongemaklike uitdaging,
dan bedoel ek elke woord daarvan.
As God jou gestuur het dan SAL Hy die deure oopmaak.

Ek aanvaar geen wapen wat die vyand smee teen ons
nie, en staan vas in die Naam van Jesus.

Liewe vriendin as jy moeg geword het, bid ek 
vanaand dat God vir jou 'n Aaron en 'n Hur sal gee
wat bereid sal wees om jou arms omhoog te hou
en jou te dra.   Weet net dit:
GOD SAL JOU NOOIT BEGEWE OF 
JOU NOOIT VERLAAT NIE.


No comments:

Post a Comment