Monday 18 August 2014

OH NO, SHE'S UP!!!




Vrydag het ek op my blog geskryf om positief te wees 
en lewe te spreek in elke aspek van jou lewe.
Wel, ek moet vandag erken dat ek 'n paar baie
negatiewe emosies ervaar het die afgelope week asook
naweek.  Selfs as ek God se woord gespreek het het
dit vir my soos lee woorde geklink en gevoel.
Ek het baie ver verwyder van God gevoel en selfs
nadat ek Dinsdag by die gebedsgroep by die skool
bely het dat ek nie so gedisiplineerd is soos ek weet ek
moet wees nie, kon ek myself nie so ver kry om 
meer tyd met God te spandeer nie.
Ek het 'n goeie vriendin ge-whatsapp en gevra sy moet
saam met my bid want ek beleef 'n geestelike krisis.
Ek was net moeg en kon nie myself oorgee nie.

Ons word so maklik meegesleur deur die alledaagse
dinge van die lewe, bekommernisse ens.
Kom ons maak tyd om werklik daar te kom waar ons
ingestel is op God se Gees.   Net in Sy
teenwoordigheid kan ek weer die vrede ervaar waarna ek
gesmag het die afgelope week.  Net deur God
se woord te spreek kan ek die planne van
die vyand weerlê.  Toe Jesus in die woestyn deur
satan versoek was, het Hy vir hom elke keer gesê:
''Daar staan geskrywe"

LORD, MY SOUL DESIRE
IS TO BE USED BY YOU.




No comments:

Post a Comment