Sunday 3 August 2014

DIE BESKERMING VAN DIE ALLERHOOGSTE - 'n MOET lees.


Psalm 91 leer ons dat ons in die beskerming van die Allerhoogste is.
Vers 11 sê dat Hy Sy engele aangaande jou bevel sal gee om
jou te bewaar op al jou wee.  Hulle sal jou op die hande dra, sodat jy jou
voet teen geen klip sal stamp nie.
In vers 14 sê God omdat jy Hom liefhet, sal Hy jou red, omdat
jy SY NAAM KEN, SAL HY JOU BESKERM.

Hoe wonderlik om te weet ons staan onder die beskerming van
die Almagtige God.  Van kleins af leer ek my kinders dat die bloed
van Jesus nie alleen verlossing en vrymaking, gesondheid bring nie,
maar die bloed van Jesus beskerm ook. 
Toe my man die eerste keer begin weg werk het het ek in die 
aande vrees gehad omdat ons alleen was en ek kon nie rustig slaap nie.
Een aand het God se Gees my aandag op Psalm 4:9 gevestig.
EK WIL IN VREDE GAAN Lê EN METEENS AAN DIE
SLAAP RAAK, WANT U, O, HERE, ALLEEN LAAT
MY IN VEILIGHEID WOON.

God het ons nie 'n gees van vrees gegee nie, maar een van
krag, liefde en selfbeheersing.   Moenie toelaat dat vrees jou lamlê, 
veral in ons land waar misdaad aan die orde van die dag is.
Beroep jou op die beskerming van die Allerhoogste.
Vra God om Sy engele te stuur om jou te bewaar op al jou wee.
Pleit die bloed van Jesus oor jouself en jou geliefdes.

HOW GREAT IS OUR GOD.
Ek was nou besig om hier te skryf, toe die volgende boodskap deurkom
op my foon.  God bevestig Sy Woord deur iemand wat nie geweet het ek is besig
op my blog of waaroor ek besig is om te skryf nie.  We serve a Great big, Wonderful God

God is vir ons 'n toevlug en sterkte, as hulp in benoudhede is Hy in hoe mate beproef.
Daarom sal ons nie vrees nie, al waggel die aarde en al wankel die berge weg in die hart
van die see....Die Here van die leerskare is met ons, die God van Jakob is 'n 
rotsvesting vir ons.  Daar is GEEN ander persoon of instansie wat kan help of beskerm
soos die Here nie.  Leer die Woord van die Here en hou vas daaraan en verklaar wat die
Woord sê oor jou lewe.
'n BEDEVAARTSLSIED
Ek slaan my oe op na die berge, waar sal my hulp vandaan kom?
My hulp is van die Here wat hemel en aarde gemaak het.  En roep my aan in die
dag van benoudheid, Ek sal jou uithelp en jy moet My eer.

GEBED
Here U is die toevlug van my lewe.  Al gaan ek deur 'n dal
van doodskaduwee weet ek U is met my elke aand/dag, elke oomblik
Dankie vir U rus en vrede in my lewe.
In Jesus Naam
AMEN


No comments:

Post a Comment