Monday 25 August 2014

In HOM is elke belofte ja en amen


11 Kor 1:20
Want hoeveel beloftes van God daar ook mag wees,
in Hom is hulle ja en in Hom amen, tot heerlikheid
van God deur ons.

U Woord het ek lief Here. 
Ek staan vandag op elke belofte in U Woord,
met die wete in U is hulle ja en amen.
U is 'n Waarmaker van U Woord

11 Tim 3:16-17
Die hele Skrif is deur God ingegee, en is nuttig tot
lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot 
onderwysing in die GEREGTIGHEID,
sodat die mens van God volkome kan wees, vir
elke goeie werk volkome toegerus.

Timotheus sê duidelik vir ons hoe belangrik dit is
om God se Woord te ken, te bestudeer en lief te hê.
Volgens Matt 6:33 moet ons eers die koninkryk
van God en Sy GEREGTIGHEID soek,
en al die ander dinge sal vir ons bygevoeg word.
(lees hele hoofstuk 6)

God se Woord onderrig ons in GEREGTIGHEID volgens
11 Tim 3.  

Maak vandag 'n keuse om 'n dieper verhouding
met die Allerhoogste God te hê deur die woord
wat deur God ingegee is meer gereeld te lees en te bestudeer.

GEBED
Vader mag U die Woord op die tafels
van ons hart skryf.  U is 'n Waarmaker
van U Woord en U woord sal nie ledig 
terugkeer na dit waartoe U dit stuur nie.
Dankie dat elke belofte in U woord ja 
en amen is.  U woord is lewend en kragtig
en skerper as enige tweesnydende swaard.
Dankie vir U Woord Here
In Jesus Naam
Amen



No comments:

Post a Comment