Wednesday 13 August 2014

SATAN BITE THE DUST


God is so getrou.
Gister het ek by Jessica se skool se gebedsgroep gaan aansluit.
Die vorige week wat ek wou gaan het God se Gees my vroeg
wakker gemaak om te gaan, maar ek was vol verskonings.
Ek kom toe gister omtrent 'n uur voor die tyd daaraan, en besluit
ek gaan wag.  Die duiwel gaan my nie beroof nie.  Ek het lank 
gesit en niemand het opgedaag nie.  Die skool Sekretaresse het
aangebied om my te wys as die ander mammas daar inkom.

Ek was besig om met my man oor die foon te praat en vir hom 
te sĂȘ dit lyk nie asof iemand gaan kom nie, toe daar 'n jong man
instap met 'n Bybel.  Hy het daar by my kom sit en toe ek
klaar gepraat het vir hom gevra of hy deel is van die gebedsgroep.
Hy was nie, hy was daar om die saal opening waar te neem.

Ek het gesit en besluit om maar alleen (iets wat ek vroeer in my lewe
nie eers sou oorweeg het nie)  in die Raadsaal in te gaan en te
gaan bid, toe 'n ander vroutjie instap en ook by my kom sit.
Sy is toe ook 'n omgee mamma en vir die eerste keer daar.
Ons het kennis gemaak en dadelik aanklank met mekaar
gevind.  Syt my vertel hoe die Heilige Gees in haar lewe gewerk
het om ook deel te word van die gebedsgroep by die skool.

Ons twee het besluit om alleen te gaan bid, en het Raadsaal
toe gegaan.  Ons het spontaan begin bid en God se Gees
het oorgeneem.  Deur haar het die Heilige Gees my attent gemaak
op die feit dat ek voor God moet bely dat ek nie gedisiplineerd   en
so getrou is soos Hy van my verwag nie.  Ons het gebid en gepraat
en toe ons amper klaar was het 'n ander mamma aangekom
en ons drie het spontaan gesels en later gebid en God gedank vir
Sy genade.  

Ek het hulle vertel hoe ek ervaar het dat God herlewing na daardie
skool gaan stuur.   God is amazing, Hy is 'n awesome God.
Die aarde is vol van Sy heerlikheid.  Ons weet God is in beheer en
dit wat Hy beplan is meer as wat ons kan dink, glo, hoop of
selfs sal kan verstaan.  

Lank genoeg vyand het jy reggekry om verwoesting te saai.
Die bloed van Jesus is teen jou.  Geen wapen wat jy verder smee
sal slaag nie, want ons staan vas teen jou in die Naam van Jesus.
Dankie Here vir herstel in kinders en ouers se harte en lewens.
Herstel huwelike, herstel verhoudings.  Dankie dat elkeen
sal weet dat hul 'n hoopvolle toekoms, 'n verwagting in U het.
'n Nuwe generasie sal opstaan vir U Vader.

SATAN BITE THE DUST
IN JESUS NAME
AMEN.

No comments:

Post a Comment