Thursday 7 August 2014

LEWE IS 'N KEUSE - KIES DIT

SPREUKE 18 : 21
DOOD EN LEWE IS IN DIE MAG VAN DIE
TONG, EN ELKEEN WAT DIT GRAAG
GEBRUIK, SAL DIE VRUGTE
DAARVAN PLUK.

Die hele vers in God se Woord spreek vir homself.
Hoeveel keer spreek ons negatiewe uitsprake oor
ons kinders, ons werk, ons mans of vrouens, die
ekonomie ens.  Jou kind maak verkeerde keuses in die lewe,
maar al wat hy ooit gehoor het, is dat hy niks reg kan doen nie.
Hy sal nooit 'n sukses wees nie,  hy kan maar vergeet
om ooit 'n goeie vrou te kry.  

Ons tong spreek vrese oor ons finansies, ons 
veiligheid, ons gesondheid.  Wat sê God se Woord
oor bogenoemde.  Volgens 11Tim 1:7  het Hy ons nie 'n gees van
vrees gegee nie, maar een van krag, liefde en selfbeheersing.
Jer 29:11 sê dat ons 'n hoopvolle toekoms, 'n
verwagting het in Hom.  
God se gedagtes is vir ons meer as die sand, Hy begeer
vir ons voorspoed, oorvloed en lewe.  
Psalm 91 sê ons kan God vra om die engele te stuur
om ons te bewaar.  Omdat ons Sy naam ken, beskerm Hy ons.

Ons het deur 'n baie moeilike finansiele tyd gegaan,
en ek het gekies om lewe te spreek in daardie 
situasie.  Ek het God se goedheid en guns volgens Psalm 23
elke dag oor my man en kinders gespreek, ek doen
dit nou nog.  As Lelani kla oor haar werk, dan sê ek
vir haar the best is yet to come.  Sy GAAN nog doen
wat sy graag wil, sy GAAN nog die talente en vermoe
wat God in haar geplant het, uitleef.  
My man weet dat volgens Salomo se wysheid,
'n man wat vaardig is in sy werk,  voor konings kan
staan, hulle hoef nie voor geringes te staan nie.
God seen sy werk en sy vaardighede.

As 'n deur toegaan, moenie op 'n hoop gaan lê nie.
Bely God se seen en weet Hy maak 'n ander beter
deur oop.  Die deure wat in die hemel oop is, sal oopgaan
op die aarde.  Die deure wat toe is in die hemel sal toebly
op die aarde.  Ken God se Woord,  spreek God se Woord,
bely Sy Woord, GLO Hy is 'n Waarmaker van
Sy Woord.  Doen wat die Woord ons leer.

MAG GOD SY AANGESIG OOR JOU LAAT SKYN
MAG SY ENGELE JOU BEWAAR, MAG JOU
VAARDIGHEDE ELKE DAG BETER WORD.
EN MAG JY IN HIERDIE OOMBLIK REG KIES.

LEWE

No comments:

Post a Comment