Friday 1 August 2014

THE POTTERS HAND


Soos ek reeds vroeer gesê het het daar 'n
dag in my lewe aangebreek wat ek myself
aan die Pottebakker beskikbaar gestel om deur
Hom gevorm te word.  Die Pottebakker
sien nie net jou ongevormde klomp raak nie,
nee, Hy sien dit wat jy kan wees, en dit 
wat Hy jy wil hê jy moet wees.
Hy vorm jou tot Sy eer.

Die duiwel, wat die Woord sê is die vader van
alle leuens, gebruik ons verlede om 
ons vasgevang te hou in kettings van self-
vernietiging.  Die waarheid is dat God
al voor ons geboorte geweet het watter foute
ons gaan maak, watter verkeerde keuses ons gaan
maak, en nog steeds is ons vir Hom
kosbaar en waardevol.
Ja, dit is baie waar, dat die keuses wat ons 
maak die rigting van ons lewe bepaal, en dat
ons soms die gevolge van ons keuses baie lank dra.
Maar God se genade is vir ons so groot,
dat die oomblik wat ons ons sonde bely en
laat staan Hy dit wegwas deur die 
bloed van Sy Seun Jesus.  En wat so wonderlik
is,  Hy dink nooit weer daaraan nie.
So ver soos die Ooste verwyder is van die
Weste, so ver verwyder Hy ons
oortredinge van ons.\

God vat daai seerkry van jou en Hy maak
van dit die mooiste pot.  Hy vat dit en Hy gebruik
dit om sy Seun te verheerlik, sodat Golgota
nie verniet was nie.  Moses moes eers deur
die woestyn gaan voor hy die Israeliete daardeur
kon lei.  Jou seerkry kan iemand anders help.
Spreek vry, vergewe jouself en ander.
Ons vergewe ter wille van onsself.  Toe
ek nog vol onvergewensgesindheid en verbittering
was, het die mense wat my seergemaak
het, aangegaan met hulle lewens terwyl
ek my seer vertroetel het.  God kan ons nie
gebruik soos Hy wil terwyl ons nog vol
seer en verbittering is nie.  Sy genade is so groot
vir ons, Hy wil ons vorm, Hy wil ons maak.
Hy wil ons vernuwe.  

Mense word vasgehou deur kettings van hul verlede,
terwyl Jeremia 29:11 vir ons sê dat ons 'n
hoopvolle toekoms, 'n verwagting het in God.

HERE MAAK MENSE VRY.  VORM HULLE
TOT U EER.  VERHEERLIK U SEUN JESUS
IN HULLE LEWE.  EK DANK U OPNUUT VIR
GOLGOTA.  EK BREEK ELKE KETTING EN
ELKE VLOEK OOR ELKEEN WAT HIER
LEES SE LEWE.  ELKE NEGATIEWE
WOORD WAT OOIT OOR HULLE UITGESPREEK
IS, VERANDER NOU IN 'N SEEN, IN
JESUS NAAM.  ELKEEN IS
WAARDEVOL EN KOSBAAR VIR U.
WAAR DIE VYAND HULLE LAAT GLO
HET HULLE IS NIKSWERD EN WAARDELOOS, 
VERNUWE NOU DAARDIE DENKE
IN DIE NAAM VAN JESUS.
ELKE VESTING WAT OPGERIG IS IN
HUL GEDAGTES, BREEK EK NOU
KRAGTIG AF EN EK NEEM
HIERDIE GEDAGTES GEVANGE EN
BRING TOT GEHOORSAAMHEID AAN
JESUS CHRISTUS.

AMEN




THESE BONES WILL SING - HOW GREAT IS OUR GOD

No comments:

Post a Comment