Friday 12 September 2014

CINDY EN JESS - BESKERM DEUR DIE BLOED V JESUS


Ek is so dankbaar vir bloed en die beskerming van Jesus.

Twee jaar gelede toe ons in Heroldsbaai net buite
George gebly het, het my 2 dogters, Cindy en Jessica
afgegaan strand toe om in die "tidalpool" te swem.
Dit was hoogwater en die branders was baie hoog.

Ek het in die kombuis gesit en het skielik 'n gevoel
van onheil ervaar.  Ek weet dit was God se Gees wat
my bewus gemaak het dat die vyand 'n aanslag iewers beplan.
Ek het nie geweet wat dit was nie, maar het spontaan
die bloed van Jesus oor Cindy en Jess begin pleit.
Ek het vir God gevra om hulle te beskerm.

Na 'n halfuur of so het hulle ingestap gekom en die 
oomblik wat ek hulle sien het ek geweet daar het iets
gebeur.  Hulle het aan skok gely en het gehuil.  Cindy
se bene was oral stukkend gekap en hulle het net
na my toe gekom en ek het hulle vasgehou.

 Hulle het begin vertel hoe die branders eers vir 
Cindy uit die swembad in die see gegooi en sy net met haar
vingerpunte aan die rotse vasgehou het. Sy't gebid 
dat Jess net binne moet bly.  Jess het egter besluit
sy gaan vir Cindy red en het oor die rand gespoel
  Sy kon ook net aan die rotse gryp en vasklou met haar
vingerpunte. Die mense op die strand het saamgedrom
 en nie dadelik besef die twee jongmeisies is in
 die moeilikheid nie.

Op 'n stadium het Cindy se vingers losgegly en sy
kon net weer met haar vingers aan die volgende rotse
vasgryp.  Hulle het gebid en gehuil en die volgende oomblik
het 'n brander gekom en hulle oor die rotse gegooi en
terug binne-in die swembad.  Mense het die bloed
van hulle afgewas en vir hulle water gegee vir die skok.
Cindy het in 'n skoktoestand teruggery huistoe.

Ek glo die oomblik toe ek die bloed van Jesus en
God se beskerming oor hulle gebid het, was die oomblik
toe die brander hulle teruggooi in die swembad.

Aan die koning van die Eeue, die Onverderflike, 
Onsienlike, Alleenwyse God
Kom toe die lof die eer en die heerlikheid. 
Tot in ewigheid
Amen

ONS HET U LIEF O HEER.



No comments:

Post a Comment