Wednesday 4 June 2014

U Woord - op die tafels van my hart

Ek vra altyd vir God om Sy Woord op die tafels van my hart te skryf.
Dit het al gebeur dat ek glad nie 'n skrifgedeelte kan onthou nie.
Dan kom die ou duiwel wat 'n leuenaar is en die vader v leuens
en probeer my wys maak ek ken nie die woord of dit is
glad nie op my hart geskryf nie.

Die afgelope paar dae het ek regtig slapelose nagte gehad 
oor 'n probleem wat 'n vorige werknemer vir ons
veroorsaak het.  Ek kon aan niks anders dink nie en het
sleg aan die slaap geraak.  Ek het allerhande oplossings
probeer uitdink en het myself siek gemaak van bekommernis.
Gisteraand lê ek in my bed en dink weer daaraan.  Ek het
sommer net so in my moegheid 'n versugting teenoor God gehad,
en duidelik hoor ek hoe Sy Gees in my binneste fluister en vir my
vra of ek een el by my lengte kan voeg deur my te bekommer.
Nie alleen was dit God wat my deur Sy Gees vertroos nie, maar
dit is uit Sy kosbare Woord.  
Ek het 'n vrede ervaar en vanoggend toe ek opstaan
besluit dit help nie ek ignoreer die probleem nie,  
en toe ek die persoon kontak wat met die saak
werk, is dit glad nie so erg vir ons as wat ek gedink het nie.

Ons het ook in 'n nuwe huis ingetrek en het in die week
besef hier is 'n kokkerot plaag.   Ek het skielik ervaar dat
God ons die mag en gesag oor elke probleem gegee het.  Nie deur ons
eie krag nie, maar deur die krag van God.
Psalm 91 het skielik in my hart kom lê en duidelik het
ek die gedeelte ervaar wat sê: geen plaag sal naby julle
tent kom nie.  Ek het die plaag begin aanspreek en het nog
net een kokkorot weer gesien.  

Waar het dit vandaan gekom?

GOD SE WOORD OP DIE TAFELS VAN MY HART.

Lees God se Woord ons het dit nodig om die vyand te kan weerstaan
Toe Jesus versoek was in die woestyn, het Hy vir die duiwel
gesê: daar staan geskrywe.

GOD SE WOORD IS KOSBAAR EN HY IS 'N WAARMAKER DAARVAN





  


No comments:

Post a Comment