Monday 23 June 2014

OM WERKLIK TE BID

'n Kosbare vriendin het die volgende gebed vir my gestuur:

Here, voorheen het ek gedink gebed is
om met U te praat.  Later het ek besef 
dis veral ook om na U te luister, om U
stem te hoor, U wil te voel en U gedagtes
te leef.  Maar nou, Here, besef ek dat
gebed al hierdie dinge is en soveel meer.

Want om werklik te bid, is om totaal
en al leeg te word van myself.  Om alles
wat ek is, voor U neer te lê.  Om niks
te word sodat ek in U alles kan word.
Help my so leeg te word dat ek in U
opgeneem word totdat ons een is. 
Een in denke, Een in wese, Een in wil.
Maak my gestroop sodat ek van U
sal oorloop.  
Want dan, Here, leef ek.....hoop

Amen


Dankie Vader vir kosbare vriendinne wat U soek 
en meer en meer soos U wil wees.
Seen elke vriend en elke vriendin wat hier lees
en mag dit hulle begeerte wees om so in U 
teenwoordigheid te wil wees, dat hulle met U
Vader, Een word.

In Jesus Naam
Amen

No comments:

Post a Comment