Thursday 26 June 2014

HET EK WERKLIK MY GANG UITGEVERF?

'n Paar jaar gelede was my hande so swak en seer
dat ek nie die komberse oor my kon trek as ek myself
oopgeskop het in die nag.  Ek moes my man wakker 
maak om my weer toe te gooi.  Om enige vorm van
beensiekte te hê is baie pynlik en soms is die pyn
so erg dat dit net God se genade is wat jou deur die
dag kan dra.  Toe my kinders klein dogtertjies was
moes ek baie keer as hulle met my wil speel aangesien
dit baie pynlik was as ek my gewrigte net liggies gestamp
het.  Dis nou nog seer as ek my stamp, maar wat so
amazing is is dat ek gister my huis se gang alleen 
uitgeverf het.  Nie 'n enkellaag nie, 'n dubbellaag.
Ek het ook my man gehelp om ons dogters se kamers
uit te verf. 

DAAR IS NIKS ONMOONTLIK VIR MY GOD NIE.
JESUS HET REEDS DIE PRYS BETAAL BY 
GOLGOTA VIR ONS GENESING.   

Ek het in die week vir iemand gesê sy moet baie 
versigtig wees vir enige negatiewe gedagtes want 
dit het 'n slegte uitwerking op mens se gesondheid.
God se Woord kan dit beaam.

Spreuke 17:22
'n Vrolike hart bevorder die genesing, maar 'n
verslae gees laat die gebeente uitdroog.

Vroeer in my lewe het ek baie toegelaat dat die
seerkry dinge van die lewe my gesondheid benadeel.
Ek het negatiewe gedagtes toegelaat en as iemand
my seergemaak het met hul woorde of optrede het
dit my letterlik fisiek en geestelik baie benadeel.
Alhoewel ek nog die vernietigende effek op my 
liggaam het wat negatiewe gedagtes van die verlede
 meegebring het, weet ek ons dien 'n God van 
wonders, en Hy gaan my gewrigte100% herstel.  

Wat so wonderlik is: ek laat nie meer toe dat mense
my seermaak nie.  Daar het in die week weer iets
gebeur wat my jare terug in sak en as laat sit het,
maar aangesien God my gemoed vernuwe het het
ek dit dadelik eenkant toe geskuif en besef dis
daardie persoon se verlies as hy verkies om my
eenkant toe te skuif.  Want God se Woord leer my
dat ek wonderbaar is en Sy werke was wonderbaar
toe ek gemaak is.  

Vriend,  vriendin, weet wie jy is in Jesus Christus.
Moenie dat iemand jou vertel jy is nikswerd, jy is
nie waardig nie, jy moes nie hier gewees het nie.
God maak nie mistakes nie.  Maak nie saak op watter
manier jy in die lewe gekom het nie, God het nog
steeds 'n wonderlik plan met jou lewe, en Sy gedagtes
is vir jou meer as die sand.   Jy het 'n hoopvolle
toekoms in Hom volgens Jeremia 29:11

HET EK REGTIG MY GANG MET 'N 
DUBBELLAAG VERF UITGEVERF?
Wel, JA!!!

Alleenlik deur die wonderlike genade van ons Here Jesus.

THESE BONES IS STILL SINGING.  
MORE THAN EVER.

HOW GREAT IS OUR GOD........

No comments:

Post a Comment