Wednesday 18 June 2014

I SAID A TRIM




Na n paar maande in PE besluit ek om uiteindelik 'n nuwe
haarkapper uit te toets, want die bos krulhare is teen die
tyd net wat dit sê - 'n bos.

Nadat ek 'n paar keer herhaal het wat ek van haar verlang, is my 
hare gewas en gaan sit ek in die stoel.  Ek verduidelik aan haar
ek was bang vir 'n nuwe haarkapper aangesien ek sekere
voorskrifte het en my haarkapper in die Suid-Kaap het
my geken en presies geweet as ek sê moenie my
lengte sny nie, dan het hy NIE my lengte afgesny nie.

Nodeloos om te sê,  nie alleenlik het my lengte totaal
verdwyn nie, my hare is ook nie uitgedun soos ek
gevra het nie.  Mooi gevra het, verduidelik het, vriendelik was.
Elke keer wat ek sukkel met my hare voel ek nie
te waffers nie, en moet 'n doelbewuste poging
aanwend om nie baie ongelukkig teenoor die persoon
te word nie.  

Hoe kon die situasie vermy geword het?
So maklik en eenvoudig:  as sy net gehoor het en geluister
het wat ek so mooi vir haar gevra het.  Inteendeel het
sy besluit sy doen haar eie ding op my kop.

Hoeveel keer lees ons God se Woord en besluit, "ag nee wat
dis nie vir my nie, of wend 'n doelbewuste poging
aan om dit wat ons gelees het te ignoreer.
As God se Woord sê ons hoef nie te vrees, hoekom vrees ons
nog oor alles wat die vyand oor ons pad stuur.  As God 
se Woord sê:  deur Jesus se wonde is ons genees, hoekom 
twyfel ons nog daarin.  Ek staan self skuldig, want baie keer
as die pyn erg is, wonder ek of God my regtig WIL genees.
Dis 'n leuen van die vader van leuens.  God WIL ons genees.
Die prys is betaal by Golgota.
Iets waaraan ek ook vandag skuld het is die feit dat
ek weet sekere goed is nie goed of gesond vir my
liggaam nie en hou nog steeds daarmee aan.
Ek HOOR  dit by dokters en SIEN  dit in my liggaam,
maar doen nog steeds my eie ding.

My gebed vir hierdie dag:
VADER EK STAAN SKULDIG VOOR U VANDAG
EK WEET SEKERE EET EN DRINK GEWOONTES
IS NIE GOED VIR ENIGE MENS SE LIGGAAM NIE.
MY LIGGAAM IS 'N TEMPEL WAAR DEUR U KRAG
MOET MANIFESTEER EN EK DANK U DAT EK
DIE REGTE KEUSES SAL MAAK WAT U
SAL VERHEERLIK.  U WOORD LEER ONS IN
I KOR 10:31, OF ONS EET OF DRINK OF ENIGIETS DOEN,
ONS DIT TOT U VERHEELIKING MOET DOEN.
DANKIE DAT U MY EN DIE PERSOON WAT
HIER LEES, ONVOORWAARDELIK LIEFHET.
EK HET U LIEF HERE MET MY HELE WESE

IN JESUS NAAM
AMEN


THESE BONES WILL ALWAYS SING





No comments:

Post a Comment