Wednesday 11 June 2014

LAAT MY WOORDE U BEHAAG O, HERE



Ons lees in Mattheus 12 : 33 - 37 dat aan die 
vrugte word die boom geken.
Vers 34 leer ons dat uit die oorvloed van die hart
die mond praat.  Die goeie mens bring uit die goeie skat van
sy hart, goeie dinge te voorskyn, en die
slegte mens bring uit die slegte skat van sy hart
slegte dinge te voorskyn.
Die Woord sê ons gaan moet rekenskap gee van
elke ydele woord wat ons praat.

Ek staan vanaand tussen 'n groep mense en luister na
die woorde wat uit hul mond kom.  Dis onverskillige
vloekwoorde en ydele woorde wat soos 'n stroom 
aanmekaar vloei.   Daar kom nie soet en bitter water
uit dieselfde oog van 'n fontein nie.  Met dieselfde mond
waarmee ons God loof en prys, vervloek ons weer die mens,
praat ons ydele en ligsinnige praatjies, laster ons.

Toe ons ry vra ek vir my kind watter van daardie groot
mense was vanaand 'n lig vir die wêreld en 'n
voorbeeld vir al daardie jongmense en kinders teenwoordig.
Sy sê "mam, ek het nie een gesien nie"
Mam was die enigste lig daar.

Ja ek faal ook en kry dit nie altyd reg nie.
God se Gees kla my dadelik aan as ek verkeerd opgetree
het of God nie vereer het met my woorde nie.  
Laat ons begeerte wees om meer en meer soos 
Jesus te wees.  Al die antwoorde waarna ons soek
is in God se kosbare Woord.
Lees die Woord, mediteer oor die woord, bedink die Woord.
God se Woord is lewend en kragtig.
Ons het die Woord nodig om die vyand te weerstaan.

My gebed is volgens Psalm 19 : 15
LAAT DIE WOORDE VAN MY MOND
EN DIE OORDENKING VAN MY HART,
WELBEHAAGLIK WEES VOOR U
AANGESIG, O HERE, MY ROTS EN MY
VERLOSSER!!!

AMEN



No comments:

Post a Comment