Tuesday, 26 August 2014

Vriendin jy MAG maar moeg word

"Vriendin, jy MAG maar moeg word"

Dis die woorde wat twee baie kosbare vriendinne 
vandag vir my gesê het.  Selfs Moses het moeg
geword en dan het Aaron en Hur gekom en sy arms
omhoog gehou.  

Ons gesin is in 'n nuwe stad met nuwe uitdagings,
en ek het net erken dat ek moeg is en selfs bang.
Hulle het my arms omhoog gehou en saam met my
gebid.  Soos Aaron en Hur gedoen het het hulle 
weerskante van my kom staan en my arms omhoog
gehou, en saam met my gebid.
Dit was so amazing en ek het net gevoel hoe God
se Gees deur my begin spoel en my vernuwe.
My denke en my gees is vernuwe.  Ek het in tale
begin spreek en ek weet in die geestesdimensie het daar
iets gebeur vandag.  Ek ervaar dit in my liggaam,
ek ervaar dit in my uitspraak oor ons lewe, my
man se werk, my kinders.  Ek weet die God wat ons
dien, is die God van die onmoontlike.  Dis die
God wat 'n pad in die woestyn maak.  Hy skep
riviere in die wildernis.

Die een vriendin het haar hand op my arm gelê
 en my uitgedaag om te sê wat die laaste ding was
wat God vir ons gesê het.  Het Hy vir ons gesê om PE
toe te kom.?  As ek sê dis 'n baie ongemaklike uitdaging,
dan bedoel ek elke woord daarvan.
As God jou gestuur het dan SAL Hy die deure oopmaak.

Ek aanvaar geen wapen wat die vyand smee teen ons
nie, en staan vas in die Naam van Jesus.

Liewe vriendin as jy moeg geword het, bid ek 
vanaand dat God vir jou 'n Aaron en 'n Hur sal gee
wat bereid sal wees om jou arms omhoog te hou
en jou te dra.   Weet net dit:
GOD SAL JOU NOOIT BEGEWE OF 
JOU NOOIT VERLAAT NIE.


Monday, 25 August 2014

In HOM is elke belofte ja en amen


11 Kor 1:20
Want hoeveel beloftes van God daar ook mag wees,
in Hom is hulle ja en in Hom amen, tot heerlikheid
van God deur ons.

U Woord het ek lief Here. 
Ek staan vandag op elke belofte in U Woord,
met die wete in U is hulle ja en amen.
U is 'n Waarmaker van U Woord

11 Tim 3:16-17
Die hele Skrif is deur God ingegee, en is nuttig tot
lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot 
onderwysing in die GEREGTIGHEID,
sodat die mens van God volkome kan wees, vir
elke goeie werk volkome toegerus.

Timotheus sê duidelik vir ons hoe belangrik dit is
om God se Woord te ken, te bestudeer en lief te hê.
Volgens Matt 6:33 moet ons eers die koninkryk
van God en Sy GEREGTIGHEID soek,
en al die ander dinge sal vir ons bygevoeg word.
(lees hele hoofstuk 6)

God se Woord onderrig ons in GEREGTIGHEID volgens
11 Tim 3.  

Maak vandag 'n keuse om 'n dieper verhouding
met die Allerhoogste God te hê deur die woord
wat deur God ingegee is meer gereeld te lees en te bestudeer.

GEBED
Vader mag U die Woord op die tafels
van ons hart skryf.  U is 'n Waarmaker
van U Woord en U woord sal nie ledig 
terugkeer na dit waartoe U dit stuur nie.
Dankie dat elke belofte in U woord ja 
en amen is.  U woord is lewend en kragtig
en skerper as enige tweesnydende swaard.
Dankie vir U Woord Here
In Jesus Naam
Amen



Monday, 18 August 2014

OH NO, SHE'S UP!!!




Vrydag het ek op my blog geskryf om positief te wees 
en lewe te spreek in elke aspek van jou lewe.
Wel, ek moet vandag erken dat ek 'n paar baie
negatiewe emosies ervaar het die afgelope week asook
naweek.  Selfs as ek God se woord gespreek het het
dit vir my soos lee woorde geklink en gevoel.
Ek het baie ver verwyder van God gevoel en selfs
nadat ek Dinsdag by die gebedsgroep by die skool
bely het dat ek nie so gedisiplineerd is soos ek weet ek
moet wees nie, kon ek myself nie so ver kry om 
meer tyd met God te spandeer nie.
Ek het 'n goeie vriendin ge-whatsapp en gevra sy moet
saam met my bid want ek beleef 'n geestelike krisis.
Ek was net moeg en kon nie myself oorgee nie.

Ons word so maklik meegesleur deur die alledaagse
dinge van die lewe, bekommernisse ens.
Kom ons maak tyd om werklik daar te kom waar ons
ingestel is op God se Gees.   Net in Sy
teenwoordigheid kan ek weer die vrede ervaar waarna ek
gesmag het die afgelope week.  Net deur God
se woord te spreek kan ek die planne van
die vyand weerlê.  Toe Jesus in die woestyn deur
satan versoek was, het Hy vir hom elke keer gesê:
''Daar staan geskrywe"

LORD, MY SOUL DESIRE
IS TO BE USED BY YOU.




Friday, 15 August 2014

SPREEK LEWE


KIES OM HIERDIE NAWEEK LEWE
TE SPREEK OOR ELKE ASPEK VAN JOU LEWE,
VERHOUDINGS,  JOU LIGGAAM - Waar daar siekte
is, spreek God se genesing wat daar is in die bloed v Jesus.
Waar daar 'n behoefte is, spreek God se voorsiening,
Gaan lees die Woord, ken die Woord.
Ons het God se woord nodig om die plan van die
vyand te weerlê en Sy volheid te ervaar.
Daars krag in woorde.

SPREEK LEWE




Wednesday, 13 August 2014

SATAN BITE THE DUST


God is so getrou.
Gister het ek by Jessica se skool se gebedsgroep gaan aansluit.
Die vorige week wat ek wou gaan het God se Gees my vroeg
wakker gemaak om te gaan, maar ek was vol verskonings.
Ek kom toe gister omtrent 'n uur voor die tyd daaraan, en besluit
ek gaan wag.  Die duiwel gaan my nie beroof nie.  Ek het lank 
gesit en niemand het opgedaag nie.  Die skool Sekretaresse het
aangebied om my te wys as die ander mammas daar inkom.

Ek was besig om met my man oor die foon te praat en vir hom 
te sê dit lyk nie asof iemand gaan kom nie, toe daar 'n jong man
instap met 'n Bybel.  Hy het daar by my kom sit en toe ek
klaar gepraat het vir hom gevra of hy deel is van die gebedsgroep.
Hy was nie, hy was daar om die saal opening waar te neem.

Ek het gesit en besluit om maar alleen (iets wat ek vroeer in my lewe
nie eers sou oorweeg het nie)  in die Raadsaal in te gaan en te
gaan bid, toe 'n ander vroutjie instap en ook by my kom sit.
Sy is toe ook 'n omgee mamma en vir die eerste keer daar.
Ons het kennis gemaak en dadelik aanklank met mekaar
gevind.  Syt my vertel hoe die Heilige Gees in haar lewe gewerk
het om ook deel te word van die gebedsgroep by die skool.

Ons twee het besluit om alleen te gaan bid, en het Raadsaal
toe gegaan.  Ons het spontaan begin bid en God se Gees
het oorgeneem.  Deur haar het die Heilige Gees my attent gemaak
op die feit dat ek voor God moet bely dat ek nie gedisiplineerd   en
so getrou is soos Hy van my verwag nie.  Ons het gebid en gepraat
en toe ons amper klaar was het 'n ander mamma aangekom
en ons drie het spontaan gesels en later gebid en God gedank vir
Sy genade.  

Ek het hulle vertel hoe ek ervaar het dat God herlewing na daardie
skool gaan stuur.   God is amazing, Hy is 'n awesome God.
Die aarde is vol van Sy heerlikheid.  Ons weet God is in beheer en
dit wat Hy beplan is meer as wat ons kan dink, glo, hoop of
selfs sal kan verstaan.  

Lank genoeg vyand het jy reggekry om verwoesting te saai.
Die bloed van Jesus is teen jou.  Geen wapen wat jy verder smee
sal slaag nie, want ons staan vas teen jou in die Naam van Jesus.
Dankie Here vir herstel in kinders en ouers se harte en lewens.
Herstel huwelike, herstel verhoudings.  Dankie dat elkeen
sal weet dat hul 'n hoopvolle toekoms, 'n verwagting in U het.
'n Nuwe generasie sal opstaan vir U Vader.

SATAN BITE THE DUST
IN JESUS NAME
AMEN.

Tuesday, 12 August 2014

LEKE SLAAP LIEWE JESUS



Gisteraand terwyl ek in my bed lê kom dit by my op hoe ek as 
kind altyd vir almal goeienag gesê het toe ek nog 'n klein dogtertjie was.
Ek is die jongste van 8 kinders, so as jy besluit om almal op die naam
te noem dan gaan die rympie soos volg:
My boeties en sussies op hul name genoem wat ek hulle genoem het.

Leke slaap pappa
Leke slaap mamma
Leke slaap Lienie
Leke slaap Fikka
Leke slaap Dopie
Leke slaap Lella
Leke slaap Riet
Leke slaap Nieka
Leke slaap Allie
Leke slaap Liewe Jesus.

Maar wat so amazing is Psalm 121:4 sê vir ons dat 
DIE BEWAARDER VAN ISRAEL
SLUIMER OF SLAAP NIE.

Jesus is altyd daar, dag en nag.
Ons kan rustig slaap met die wete God
alleen laat ons in veiligheid woon.
Hy sal ons nooit begewe of verlaat nie.

Leke slaap almal






Thursday, 7 August 2014

LEWE IS 'N KEUSE - KIES DIT

SPREUKE 18 : 21
DOOD EN LEWE IS IN DIE MAG VAN DIE
TONG, EN ELKEEN WAT DIT GRAAG
GEBRUIK, SAL DIE VRUGTE
DAARVAN PLUK.

Die hele vers in God se Woord spreek vir homself.
Hoeveel keer spreek ons negatiewe uitsprake oor
ons kinders, ons werk, ons mans of vrouens, die
ekonomie ens.  Jou kind maak verkeerde keuses in die lewe,
maar al wat hy ooit gehoor het, is dat hy niks reg kan doen nie.
Hy sal nooit 'n sukses wees nie,  hy kan maar vergeet
om ooit 'n goeie vrou te kry.  

Ons tong spreek vrese oor ons finansies, ons 
veiligheid, ons gesondheid.  Wat sê God se Woord
oor bogenoemde.  Volgens 11Tim 1:7  het Hy ons nie 'n gees van
vrees gegee nie, maar een van krag, liefde en selfbeheersing.
Jer 29:11 sê dat ons 'n hoopvolle toekoms, 'n
verwagting het in Hom.  
God se gedagtes is vir ons meer as die sand, Hy begeer
vir ons voorspoed, oorvloed en lewe.  
Psalm 91 sê ons kan God vra om die engele te stuur
om ons te bewaar.  Omdat ons Sy naam ken, beskerm Hy ons.

Ons het deur 'n baie moeilike finansiele tyd gegaan,
en ek het gekies om lewe te spreek in daardie 
situasie.  Ek het God se goedheid en guns volgens Psalm 23
elke dag oor my man en kinders gespreek, ek doen
dit nou nog.  As Lelani kla oor haar werk, dan sê ek
vir haar the best is yet to come.  Sy GAAN nog doen
wat sy graag wil, sy GAAN nog die talente en vermoe
wat God in haar geplant het, uitleef.  
My man weet dat volgens Salomo se wysheid,
'n man wat vaardig is in sy werk,  voor konings kan
staan, hulle hoef nie voor geringes te staan nie.
God seen sy werk en sy vaardighede.

As 'n deur toegaan, moenie op 'n hoop gaan lê nie.
Bely God se seen en weet Hy maak 'n ander beter
deur oop.  Die deure wat in die hemel oop is, sal oopgaan
op die aarde.  Die deure wat toe is in die hemel sal toebly
op die aarde.  Ken God se Woord,  spreek God se Woord,
bely Sy Woord, GLO Hy is 'n Waarmaker van
Sy Woord.  Doen wat die Woord ons leer.

MAG GOD SY AANGESIG OOR JOU LAAT SKYN
MAG SY ENGELE JOU BEWAAR, MAG JOU
VAARDIGHEDE ELKE DAG BETER WORD.
EN MAG JY IN HIERDIE OOMBLIK REG KIES.

LEWE