Friday, 4 July 2014

DIE WAARDE VAN 'N OUERHUIS

Vanaand kuier ons by skoonpa op Oudtshoorn.  
Die waarde van 'n ouerhuis tref my opnuut weer
vanaand en ek sukkel om die knop in my keel af te sluk
Oupa wat staaltjies van die verlede vertel, die vleis wat
sommer van die rooster afgeëet word en al die
skindernuus van die ou weduwee tannies wat
kwansuis nie hul hande van oupa kan afhou nie.

Die lekkerste deel van die aand was toe oupa
vir manlief vertel hy moet sy vrou mooi
oppas want sy is nog mooi en as sy besluit om stout
te word, sal sy nog aandag kan trek.  Watter dogter
sal nie daarvan hou as haar pa vir haar vertel 
sy is mooi of hy is trots op haar.?

Wat my egter die meeste opgeval het van die aand
was toe oupa vertel van sy ouers en hoe hard hy
vir hulle gewerk het.  Die respek wat hy vir sy
kwaai pa gehad het.  Terwyl hy staaltjies vertel van
sy kinder en jongdae, sê hy hy dink die rede hoekom
hy al amper 90 is is omdat hy sy ouers ge-eer het,
en die Bybel sê jy sal lank leef.

Hoe waar is dit nie?
Die Woord sê vir ons dat dit die eerste gebod met
'n belofte is.

Efesiers 6:1-3
Kinders, julle moet jul ouers gehoorsaam wees
in die Here, want dit is reg.
Eer jou vader en jou moeder dit is die eerste
gebod met 'n belofte - 
sodat dit met jou goed mag gaan en jy lank mag
lewe op die aarde.

As jy nie meer 'n ouerhuis het  nie leer die Woord
ons  in Psalm 68:7 
dat God die eensames in 'n huisgesin laat woon.
God het al baie tannies op my lewenspad gesit
om die leemte na 'n ma te vul, wat die grootste gemis
in my lewe is.  Op die oomblik is tannie Rika my aaneem-ma
en ek het die grootste respek en liefde vir haar.

Dankie Vader dat U elke eensame hart raaksien.
Dankie dat U volgens Psalm 68:6 'n Vader van die wese
en 'n regter van die weduwees is.
In Jesus Naam
AMEN

Sunday, 29 June 2014

THESE BONES WILL SING - THE SONG

Great are You Lord

You give life, You are love
You bring light to the darkness
You give hope, You restore
every heart that is broken
Great are You Lord.

Its Your breath in our lungs
so we pour out our praise
We pour out our praise
its Your breath in our lungs
So we pour out our praise to You only

You give life, You are love
You bring light to the darkness
You give hope, You restore
every heart that is broken
Great are You Lord.

All the earth will shout Your praise
our hearts will cry, THESE BONES WILL SING

GREAT ARE YOU LORD

Thursday, 26 June 2014

HET EK WERKLIK MY GANG UITGEVERF?

'n Paar jaar gelede was my hande so swak en seer
dat ek nie die komberse oor my kon trek as ek myself
oopgeskop het in die nag.  Ek moes my man wakker 
maak om my weer toe te gooi.  Om enige vorm van
beensiekte te hê is baie pynlik en soms is die pyn
so erg dat dit net God se genade is wat jou deur die
dag kan dra.  Toe my kinders klein dogtertjies was
moes ek baie keer as hulle met my wil speel aangesien
dit baie pynlik was as ek my gewrigte net liggies gestamp
het.  Dis nou nog seer as ek my stamp, maar wat so
amazing is is dat ek gister my huis se gang alleen 
uitgeverf het.  Nie 'n enkellaag nie, 'n dubbellaag.
Ek het ook my man gehelp om ons dogters se kamers
uit te verf. 

DAAR IS NIKS ONMOONTLIK VIR MY GOD NIE.
JESUS HET REEDS DIE PRYS BETAAL BY 
GOLGOTA VIR ONS GENESING.   

Ek het in die week vir iemand gesê sy moet baie 
versigtig wees vir enige negatiewe gedagtes want 
dit het 'n slegte uitwerking op mens se gesondheid.
God se Woord kan dit beaam.

Spreuke 17:22
'n Vrolike hart bevorder die genesing, maar 'n
verslae gees laat die gebeente uitdroog.

Vroeer in my lewe het ek baie toegelaat dat die
seerkry dinge van die lewe my gesondheid benadeel.
Ek het negatiewe gedagtes toegelaat en as iemand
my seergemaak het met hul woorde of optrede het
dit my letterlik fisiek en geestelik baie benadeel.
Alhoewel ek nog die vernietigende effek op my 
liggaam het wat negatiewe gedagtes van die verlede
 meegebring het, weet ek ons dien 'n God van 
wonders, en Hy gaan my gewrigte100% herstel.  

Wat so wonderlik is: ek laat nie meer toe dat mense
my seermaak nie.  Daar het in die week weer iets
gebeur wat my jare terug in sak en as laat sit het,
maar aangesien God my gemoed vernuwe het het
ek dit dadelik eenkant toe geskuif en besef dis
daardie persoon se verlies as hy verkies om my
eenkant toe te skuif.  Want God se Woord leer my
dat ek wonderbaar is en Sy werke was wonderbaar
toe ek gemaak is.  

Vriend,  vriendin, weet wie jy is in Jesus Christus.
Moenie dat iemand jou vertel jy is nikswerd, jy is
nie waardig nie, jy moes nie hier gewees het nie.
God maak nie mistakes nie.  Maak nie saak op watter
manier jy in die lewe gekom het nie, God het nog
steeds 'n wonderlik plan met jou lewe, en Sy gedagtes
is vir jou meer as die sand.   Jy het 'n hoopvolle
toekoms in Hom volgens Jeremia 29:11

HET EK REGTIG MY GANG MET 'N 
DUBBELLAAG VERF UITGEVERF?
Wel, JA!!!

Alleenlik deur die wonderlike genade van ons Here Jesus.

THESE BONES IS STILL SINGING.  
MORE THAN EVER.

HOW GREAT IS OUR GOD........

Monday, 23 June 2014

OM WERKLIK TE BID

'n Kosbare vriendin het die volgende gebed vir my gestuur:

Here, voorheen het ek gedink gebed is
om met U te praat.  Later het ek besef 
dis veral ook om na U te luister, om U
stem te hoor, U wil te voel en U gedagtes
te leef.  Maar nou, Here, besef ek dat
gebed al hierdie dinge is en soveel meer.

Want om werklik te bid, is om totaal
en al leeg te word van myself.  Om alles
wat ek is, voor U neer te lê.  Om niks
te word sodat ek in U alles kan word.
Help my so leeg te word dat ek in U
opgeneem word totdat ons een is. 
Een in denke, Een in wese, Een in wil.
Maak my gestroop sodat ek van U
sal oorloop.  
Want dan, Here, leef ek.....hoop

Amen


Dankie Vader vir kosbare vriendinne wat U soek 
en meer en meer soos U wil wees.
Seen elke vriend en elke vriendin wat hier lees
en mag dit hulle begeerte wees om so in U 
teenwoordigheid te wil wees, dat hulle met U
Vader, Een word.

In Jesus Naam
Amen

Wednesday, 18 June 2014

I SAID A TRIM




Na n paar maande in PE besluit ek om uiteindelik 'n nuwe
haarkapper uit te toets, want die bos krulhare is teen die
tyd net wat dit sê - 'n bos.

Nadat ek 'n paar keer herhaal het wat ek van haar verlang, is my 
hare gewas en gaan sit ek in die stoel.  Ek verduidelik aan haar
ek was bang vir 'n nuwe haarkapper aangesien ek sekere
voorskrifte het en my haarkapper in die Suid-Kaap het
my geken en presies geweet as ek sê moenie my
lengte sny nie, dan het hy NIE my lengte afgesny nie.

Nodeloos om te sê,  nie alleenlik het my lengte totaal
verdwyn nie, my hare is ook nie uitgedun soos ek
gevra het nie.  Mooi gevra het, verduidelik het, vriendelik was.
Elke keer wat ek sukkel met my hare voel ek nie
te waffers nie, en moet 'n doelbewuste poging
aanwend om nie baie ongelukkig teenoor die persoon
te word nie.  

Hoe kon die situasie vermy geword het?
So maklik en eenvoudig:  as sy net gehoor het en geluister
het wat ek so mooi vir haar gevra het.  Inteendeel het
sy besluit sy doen haar eie ding op my kop.

Hoeveel keer lees ons God se Woord en besluit, "ag nee wat
dis nie vir my nie, of wend 'n doelbewuste poging
aan om dit wat ons gelees het te ignoreer.
As God se Woord sê ons hoef nie te vrees, hoekom vrees ons
nog oor alles wat die vyand oor ons pad stuur.  As God 
se Woord sê:  deur Jesus se wonde is ons genees, hoekom 
twyfel ons nog daarin.  Ek staan self skuldig, want baie keer
as die pyn erg is, wonder ek of God my regtig WIL genees.
Dis 'n leuen van die vader van leuens.  God WIL ons genees.
Die prys is betaal by Golgota.
Iets waaraan ek ook vandag skuld het is die feit dat
ek weet sekere goed is nie goed of gesond vir my
liggaam nie en hou nog steeds daarmee aan.
Ek HOOR  dit by dokters en SIEN  dit in my liggaam,
maar doen nog steeds my eie ding.

My gebed vir hierdie dag:
VADER EK STAAN SKULDIG VOOR U VANDAG
EK WEET SEKERE EET EN DRINK GEWOONTES
IS NIE GOED VIR ENIGE MENS SE LIGGAAM NIE.
MY LIGGAAM IS 'N TEMPEL WAAR DEUR U KRAG
MOET MANIFESTEER EN EK DANK U DAT EK
DIE REGTE KEUSES SAL MAAK WAT U
SAL VERHEERLIK.  U WOORD LEER ONS IN
I KOR 10:31, OF ONS EET OF DRINK OF ENIGIETS DOEN,
ONS DIT TOT U VERHEELIKING MOET DOEN.
DANKIE DAT U MY EN DIE PERSOON WAT
HIER LEES, ONVOORWAARDELIK LIEFHET.
EK HET U LIEF HERE MET MY HELE WESE

IN JESUS NAAM
AMEN


THESE BONES WILL ALWAYS SING





Wednesday, 11 June 2014

LAAT MY WOORDE U BEHAAG O, HERE



Ons lees in Mattheus 12 : 33 - 37 dat aan die 
vrugte word die boom geken.
Vers 34 leer ons dat uit die oorvloed van die hart
die mond praat.  Die goeie mens bring uit die goeie skat van
sy hart, goeie dinge te voorskyn, en die
slegte mens bring uit die slegte skat van sy hart
slegte dinge te voorskyn.
Die Woord sê ons gaan moet rekenskap gee van
elke ydele woord wat ons praat.

Ek staan vanaand tussen 'n groep mense en luister na
die woorde wat uit hul mond kom.  Dis onverskillige
vloekwoorde en ydele woorde wat soos 'n stroom 
aanmekaar vloei.   Daar kom nie soet en bitter water
uit dieselfde oog van 'n fontein nie.  Met dieselfde mond
waarmee ons God loof en prys, vervloek ons weer die mens,
praat ons ydele en ligsinnige praatjies, laster ons.

Toe ons ry vra ek vir my kind watter van daardie groot
mense was vanaand 'n lig vir die wêreld en 'n
voorbeeld vir al daardie jongmense en kinders teenwoordig.
Sy sê "mam, ek het nie een gesien nie"
Mam was die enigste lig daar.

Ja ek faal ook en kry dit nie altyd reg nie.
God se Gees kla my dadelik aan as ek verkeerd opgetree
het of God nie vereer het met my woorde nie.  
Laat ons begeerte wees om meer en meer soos 
Jesus te wees.  Al die antwoorde waarna ons soek
is in God se kosbare Woord.
Lees die Woord, mediteer oor die woord, bedink die Woord.
God se Woord is lewend en kragtig.
Ons het die Woord nodig om die vyand te weerstaan.

My gebed is volgens Psalm 19 : 15
LAAT DIE WOORDE VAN MY MOND
EN DIE OORDENKING VAN MY HART,
WELBEHAAGLIK WEES VOOR U
AANGESIG, O HERE, MY ROTS EN MY
VERLOSSER!!!

AMEN



Monday, 9 June 2014

AAN MY TOEVERTROU - my 3 pragtige dogters




Vader
Hierdie drie dogters het U aan my toevertrou en ek kan U
nie genoeg bedank dat ek die bevoorregte mamma vir hulle is.
Here ek weet U gedagtes vir hulle is goed en mooi.
U Woord sê dis meer as die sand.  U het hulle by die naam
geken nog voordat hulle in my moederskoot gevorm is.
Dankie dat hulle in U handpalms ingegraveer is en ek 
weet dat niemand hulle daaruit kan ruk nie .

Ek bid vanaand U seen oor elke aspek van hulle lewens.
U is die Lewende God en daar is niks by U onmoontlik nie.
U weet van elke teleurstelling wat hulle al gehad het, en omdat U
alles ten goede laat meewerk vir die wat U liefhet, weet ek
dat U hulle roukleed losgemaak het en hulle met
vreugde omgord het.   Dankie Here, dat hierdie
drie girlies van my weet dat hulle hulp van die Here wat
hemel en aarde gemaak het, af kom.

Neem hulle onder U beskerming en weerhou onheil van hulle.
Ek pleit die bloed van Jesus oor hulle en weet dat geen
wapen wat die vyand teen hulle smee sal slaag nie.
Dankie vir hulle talente en vermoens, dankie dat hulle
'n hoopvolle toekoms in U het. 
Die deure wat vir hulle in die hemel oop is, sal oopgaan
op hierdie aarde, in die Wonderlike Naam van Jesus.
Here, ek bid dat die woorde van hulle mond en die
oordenking van hulle harte, welbehaaglik voor
U aangesig sal wees. 

Waar dit kom by die keuse van 'n lewensmaat vra ek dat
hulle U ook in daardie baie belangrike besluit sal ken.
Ek vra dat U my drie skoonseuns sal bewaar.  Berei
hulle voor vir my dogters en dankie dat hulle die hoof
van hulle gesin sal wees soos U van hulle verwag.
Ek ken hulle nog nie Vader, maar omdat hulle my seuns gaan
word, is ek al klaar lief vir hulle.  
Seen ook elke aspek van hulle lewens en gee hulle 
wysheid en insig in elke situasie.

Ek bid dat my kinders se vrede groot sal wees, dat hul
nooit beskaamd sal staan nie en dat hulle
voorspoed, oorvloed en lewe sal ervaar Vader. Ek verklaar
hulle gesond, geseend, bemind en geliefd.  Dankie dat hulle
guns by U  vind en dat U goedheid en guns volgens 
Psalm 23 hulle altyd sal volg Here.
U is 'n Waarmaker van U Woord en omdat U nie
'n mens is wat sal lieg nie, staan ek voor U vir hulle en 
claim elke belofte wat U vir hulle het, in die Naam v Jesus
Hulle sal geseend wees met goeie gesondheid volgens U Woord.

Ek het U lief Here met alles wat binne in my is.
Dankie dat U die kenner van die hart en die toetser van die niere is.

Ek vra alles in die Naam van koning Jesus

AMEN