Thursday, 14 May 2015

Was BAIE ryk, nou net 'n BIETJIE ryk


Daar word gesê uit die mond van die suigeling 
sal jy die waarheid hoor.  Dis weereens die week bevestig
deur 'n klein dogtertjie by die kleuterskool waar my
dogter 'n juffrou is.

Toe juffrou vir haar vra of sy 'n partytjie gaan hou as sy
binnekort verjaar, het die kleinding doodernstig
verklaar dat daar die jaar nie 'n partytjie sal wees nie,
want hulle was eers baie ryk, maar nou is hulle net
'n bietjie ryk. 

Daaruit kan mens seker aflei dat mamma en pappa
'n finansiele krisis beleef, en dis die manier waarop hulle
hulle klein dogtertjie voorberei op die feit dat daar
die jaar nie 'n partytjie gaan wees nie.   Welgedaan liewe
ouers.  Ek haal my hoed af vir julle.  Dit wat julle
in jul dogtertjie se lewe belê het kan nie met
geld gekoop word nie.  Netsowel kon jul gesê het jul
is nou arm en daarom is daar nie geld vir dit nie.

Dit laat my dink aan die spreekwoord wat sê:
"is die glas half vol of is hy half leeg" ?
By hierdie ouers is die glas beslis halfvol en verseker
leer hul dit vir hul kinders ook.
Hulle het gekies om die situasie op 'n positiewe manier
te hanteer.    Dit was vir my so pragtige storie en dit laat
my selfs op 'n ander manier na 'n situasie kyk.

Ek bid vir verandering in daardie ouers se situasie,
en dat God hul weer sal seen met oorvloed en
Bonatuurlike guns.  

En vir jou klein dogtertjie, bid ek dat die glas 
   altyd HALF VOL sal wees, en wanneer jou geboortedag
die jaar aanbreek dat jy en jou ouers so bewus sal 
wees van God se alomteenwoordigheid, Sy genade,
en die wonderlike wete, dat Sy gedagtes vir jou
meer is as die sand.  Al is julle op die oomblik
NET 'N BIETJIE RYK

AMEN

Thursday, 7 May 2015

LAPPIESKOMBERS


Terwyl ek besig is om my lappieskombers te hekel,
begin God se Gees met my deel oor die verband tussen
al daardie los lappies en ons lewe.

In die begin toe ek die kombers beplan het het ek sekere
kleure gekies om te gebruik.  Ek het ywerig begin hekel maar
toe tot my spyt kon ek nie meer 'n sekere kleur kry  nie.
Ek was gedwing om 'n ander kleur te kies en dit daar
in te werk.  Net so is ons lewens soms.  Ons beplan en ons
tref reelings en ons droom.  Maar dit werk nie altyd uit soos ons dit
beplan het nie.  Die Woord leer ons in Spreuke 16:9 dat die
mens beplan sy pad, maar die HERE bepaal hoe hy dit loop.

Moet ek nou my kombers los en ophou hekel omdat ek
nie al die kleure wol kry waarmee ek begin het?
Gaan my kombers nou nooit klaar kom nie?
Gaan my kombers lelik en onbruikbaar wees?
Gaan my kinders en kleinkinders nou geen genot daaruit put?
Gaan ek hom nie oor 'n bank kan gooi en met hom spog nie?

Die antwoorde op die bogenoemde vrae is so maklik.
Ja ek gaan hom klaar maak, ongeag,  hy gaan bruikbaar wees,
my kinders gaan hom geniet, ek gaan hom kan uitstal en met
hom spog.  Al moes ek nou ander kleure bysit my kombers
gaan spesiaal wees.  Hy gaan mooi wees,  bruikbaar en
'n uitstalstuk.  Dit gaan my handewerk wees.

Net so moet ons partymaal aanpassings maak in ons lewe.
Alles werk nie altyd uit soos ONS beplan nie.  Veral as ons
God se wil soek.  Sy gedagtes is nie ons gedagtes nie.  Sy wee
is nie ons wee nie.  Gaan ons nou onbruikbaar, lelik, doelloos
en misrabel wees?.  NEE!!!  ons gaan nie.
Uit al die los lappies van ons lewe, gaan God iets moois maak.
Hy maak ons bruikbaar, en dis baie keer daardie ander kleur lappie
wat sal uitstaan en die kombers nog mooier maak as wat ons
beplan het.  Sy gedagtes is vir ons goed, dis meer as die sand.
Maar baie keer is dit nodig dat daar 'n ander kleur lappie
bykom sodat die eindproduk soveel mooier kan wees.

Dit voel partykeer vir my my kombers gaan nooit klaar kom nie,
want ek hekel nou al twee jaar aan hom. 
Elke jaar se ek ek hoop hys darm volgende winter klaar. 
Maar die realiteit is dat hy GAAN klaar kom, veral as ek aanhou
en uithou en elke dag met nuwe ywer aangaan om te hekel. 
Hy gaan op die ou einde bruikbaar en pragtig wees, en ek sal'
kan sê:  wow, dis my handewerk wat daar pryk.

God sal nooit iets in jou lewe begin en dit nie klaarmaak nie.  
Hy IS 'n Waarmaker van Sy Woord.  In Hom, en deur Hom
staan elke belofte vas.   Kom ons hou vas aan Sy beloftes.
Kom ons raak nie moedeloos nie.  Kom ons pak elke dag met
nuwe ywer en krag aan.  Dit voel dalk soms dit raak teveel.
Wat is die doel van alles?

Die einddoel is die saligheid van ons siele.
Die lappieskombers wat God besig is om deur jou te hekel
gaan 'n pragstuk wees.  Dit gaan bruikbaar wees, dit wat jy agterlaat
gaan dalk 'n LEGACY vir jou nageslag wees.  
God gaan daarna kyk, en sê:  WOW, DAARDIE PRAGTIGE KOMBERS
WAT SO BRUIKBAAR IS IN MY KONINKRYK, IS DIE
LAPPIESKOMBERS WAT EK GEHEKEL HET.

Staan vas, wees getrou en ONTHOU

GREAT ARE YOUR LORD


Wednesday, 1 April 2015

VIR MY TOEKOMSTIGE SEUNS........


vir my seuns wil ek sê.........

  julle  moet die Here liefhê met julle hele hart,
julle hele verstand en al julle krag.  

Bêre volgend Psalm 119:11 God se woord in julle hart
sodat julle nie sal sondig nie  

 Bewaar julle harte meer as alles wat bewaar
moet word, want daaruit is die oorspronge vd lewe.

Hou julle self rein  want daars 'n pragtige
koningin wat haarself voorberei om eendag voor haar 
koning te kan staan.  

Ken die Here in al jou wee dan sal HY julle 
paaie gelykmaak

Julle moet die Here vrees en HOM alleen dien

Wees die priester van julle huis en behandel julle vrouens
en kinders met eer en respek. 

As julle wysheid kortkom sê Jakobus 1 v 5 dat julle dit
van God kan bid.

My seuns vlug vir die begeerlikhede van die jonkheid
en jaag na, geregtigheid, geloof, liefde en vrede
saam met die wat die Here uit 'n rein hart aanroep.

My kinders, moenie haastig wees met julle woorde nie

Die bevalligheid is bedrog, en die skoonheid is nietigheid,
maar 'n vrou wat die Here vrees, sy moet geprys word

Gee sterk drank aan hom wat wil ondergaan.

My seuns vertrou God met julle toekoms en ook met
julle finansies. 

As die Here die huis nie bou nie, tevergeefs werk
die wat daaraan bou.

God gee dit vir Sy beminde in hul slaap.

Julle is meer as oorwinnaars en tot alles in staat
deur Jesus Christus wat julle die krag gee

God se gedagtes is vir julle goed en julle het 'n hoopvolle
toekoms, 'n verwagting in Hom.

Ek spreek oor julle  en jul gesinne BONATUURLIKE GUNS
EN BESKERMING.

IN DIE MAGTIGE NAAM VAN JESUS



NIE LANGER 'N SLAGOFFER


Ek ontmoet onlangs 'n vrou wat so vasgevang is in haar
verlede dat sy niemand naby haar toelaat nie.  Sys skepties 
oor alles en vertrou niemand.  Sy praat net wanneer sy voel
dis regtig nodig en jy sien selde 'n glimlag op haar
pragtige gesig.  Aanraking is by haar geen opsie nie.

Ek ry in die week skool toe om daar saam met die mammas
wat omgee te gaan bid en ek dink aan haar.  My hart huil oor haar.

Ek voel ek wil uit my voertuig spring en daar in die 
middel van die verkeer op 'n platform spring en begin skree
dat ons nie langer slagoffers van ons verlede moet wees nie.
Ons vat terug wat die satan van ons gesteel het.  Ons vat
ons trots en ons eer en ons selfrespek terug.   Ons kan niks
aan ons verlede doen nie, maar beslis aan ons toekoms.

Ek kyk 'n fliek saam met die kinders, en die ouer vrou gee
vir die jongdogter raad nadat die ander kinders haar op die
bus gespot het.  Sy sê vir haar:  die grootste wraak wat ons kan
neem, is om iemand verkeerd te bewys.

Kom ons staan op, kom ons vat terug wat die vyand van
ons gesteel het.  Moenie langer die persoon wat jou verkrag,
gemolesteer, verneder, seergemaak en gemaak het asof jy
onbelangrik, nikswerd en dom is,  die mag oor jou gee deur
verbitterd, seer en kwaad te bly nie.



God kan ons vrymaak van verbittering  en seer.  Daars vrede
by HOM en HOM alleen.  

JY IS MEER AS 'N OORWINNAAR DEUR JESUS
CHRISTUS WAT JOU DIE KRAG GEE.


THESES BONES WILL SING:
HOW GREAT ARE YOU LORD

Tuesday, 25 November 2014

WHO IS JESUS?



WHO IS JESUS?
In Chemistry, He turned water to wine.
In Biology, He was born without the normal conception.
In Physics, He disapproved the law of gravity when
He ascended into heaven.
In Economics, He disapproved the law of diminishing
return by feeding 5000 men with 2 fishes and 5
loaves of bread.
In medicine, He cured the sick and the blind without
administering a single dose of drugs.

In history, He is the beginning and the end.
In government, He said that He shall be called
Wonderful,  Counselor, Prince of Peace.
In religion, He said no one comes to the Father except
through Him
.
So, Who is He?

HE IS JESUS
HE IS WORTHY

In God I've found everything
The Greatest Man in History Jesus had no servants, yet
they called Him Master.
Had no degree, yet they called Him Teacher.
Had no medicines, yet They called Him Healer.
He had no army, yet kings feared Him.
He won no military battles, but yet He conquered the world.
He committed no crime, yet They crucified Him.
He was buried in a tomb, yet He lives today.

I FEEL HONOURED TO SERVE SUCH A LEADER!!!!


Tuesday, 18 November 2014

EN TOE WORD ONS DORS


"EN TOE WORD ONS DORS"

Dis die woorde van een van ons Suid-Afrikaanse liedjies,
ek weet wie dit sing nie, maar vanoggend terwyl ek
op die rooi robot staan en wag praat ek met die 
Here, en die volgende oomblik kom hou 'n man in 'n bakkie
langs my stil en albei sy ruite is afgedraai en die 
liedjie weerklink kliphard so vroeg in die oggend uit sy bakkie.

Ek wou my eers vervies, maar besef toe dat ek die 
vyand sy sin gaan gee as ek dit wel doen.
Ek hoor onder andere hy sing iets van "skink nog 'n dop".

Terwyl ek daar langs mnr dop-skink sit, begin ek vir 
hom te bid.  Ek  het vir God gevra om die persoon
'n honger en dors na Hom te gee.  Dat hy soekende sal word
na die Lewe wat daar in Christus Jesus te vind is.
Dat sy beker sal oorloop van die Lewende Water.

Ek het so lekker gevoel toe ek daar wegry.
Want nie alleen het die duiwel nie sy sin gekry nie, maar
ek weet dat God werklik 'n honger en 'n dors na Hom in
die persoon se hart sal plant.

So mnr, ek weet nie wie jy is, waar jy vandaan kom of
waarnatoe jy oppad was vanoggend nie.  
Maar een ding weet:  God het met jou 'n afspraak
gehad vanoggend, al weet jy dit nie.

Vader seen hom in alles wat hy mag doen.  Dat die
woorde van sy mond en die oordenking van sy hart, welbehaaglik
voor U aangesig sal wees.
In Jesus se Wonderlike Naam
AMEN

Sunday, 9 November 2014

GOOGLE vs DIE WOORD VAN GOD


Ons jongmense is blootgestel aan soveel dinge wat die lewe
en die wêreld bied en ons as ouer het so groot verantwoordelikheid
teenoor ons kinders om hulle in God se vrese te lei en groot te maak.

Wat is ons eerste reaksie as ons inligting nodig het oor 'n
spesifieke onderwerp of saak?
Ons gaan "google" dit.   Hoeveel keer soek ons die antwoorde
wat ons in God se Woord kan kry op die internet.
Ons jongmense word geleer om op hul eie vermoe staat te maak,
in plaas daarvan wat God se woord ons leer:  "ons is meer as
oorwinnaars in HOM.  Ons is tot als in staat deur JESUS
CHRISTUS WAT ONS DIE KRAG GEE.
Ons gaan haal ons jong 16jarige dogter by 'n partytjie en die
jongmense word toegelaat om hulle hande in die lig te gooi en
saam met 'n liedjie te vloek.  Hoe kan ons as volwasse mense
ons jong kinders toelaat om so iets te doen.  Ons gaan google om te
sien wat die nadelige oorsake van die okkapyp vir hulle longe is,
maar ons gaan kyk nie wat God se Woord in PSALM 119:9 sê
"waarmee sal die jongeling sy pad suiwer hou?,
deur dit te hou na U Woord"
of vers 11 wat sê "Ek het U Woord in my hart gebêre,
sodat ek teen U nie sal sondig nie.  
Wat van die skade wat dit aan 'n jongmens se siel doen om
hande in die lig te staan en saam 'n groep jongkinders te vloek.

11 Tim 2:22 leer 'n jongmens om te vlug vir die begeerlikhede
van die jonkheid, maar om na te jaag,  geregtigheid, liefde,
vrede, geloof, saam met die wat die Here met 'n rein hart aanroep.

Kom ons hou op "google" vir die regte antwoorde en
soek dit in GOD SE WOORD.

U, HERE IS 'N WAARMAKER VAN U WOORD