Thursday 14 May 2015

Was BAIE ryk, nou net 'n BIETJIE ryk


Daar word gesê uit die mond van die suigeling 
sal jy die waarheid hoor.  Dis weereens die week bevestig
deur 'n klein dogtertjie by die kleuterskool waar my
dogter 'n juffrou is.

Toe juffrou vir haar vra of sy 'n partytjie gaan hou as sy
binnekort verjaar, het die kleinding doodernstig
verklaar dat daar die jaar nie 'n partytjie sal wees nie,
want hulle was eers baie ryk, maar nou is hulle net
'n bietjie ryk. 

Daaruit kan mens seker aflei dat mamma en pappa
'n finansiele krisis beleef, en dis die manier waarop hulle
hulle klein dogtertjie voorberei op die feit dat daar
die jaar nie 'n partytjie gaan wees nie.   Welgedaan liewe
ouers.  Ek haal my hoed af vir julle.  Dit wat julle
in jul dogtertjie se lewe belê het kan nie met
geld gekoop word nie.  Netsowel kon jul gesê het jul
is nou arm en daarom is daar nie geld vir dit nie.

Dit laat my dink aan die spreekwoord wat sê:
"is die glas half vol of is hy half leeg" ?
By hierdie ouers is die glas beslis halfvol en verseker
leer hul dit vir hul kinders ook.
Hulle het gekies om die situasie op 'n positiewe manier
te hanteer.    Dit was vir my so pragtige storie en dit laat
my selfs op 'n ander manier na 'n situasie kyk.

Ek bid vir verandering in daardie ouers se situasie,
en dat God hul weer sal seen met oorvloed en
Bonatuurlike guns.  

En vir jou klein dogtertjie, bid ek dat die glas 
   altyd HALF VOL sal wees, en wanneer jou geboortedag
die jaar aanbreek dat jy en jou ouers so bewus sal 
wees van God se alomteenwoordigheid, Sy genade,
en die wonderlike wete, dat Sy gedagtes vir jou
meer is as die sand.  Al is julle op die oomblik
NET 'N BIETJIE RYK

AMEN

No comments:

Post a Comment