Sunday 9 November 2014

GOOGLE vs DIE WOORD VAN GOD


Ons jongmense is blootgestel aan soveel dinge wat die lewe
en die wêreld bied en ons as ouer het so groot verantwoordelikheid
teenoor ons kinders om hulle in God se vrese te lei en groot te maak.

Wat is ons eerste reaksie as ons inligting nodig het oor 'n
spesifieke onderwerp of saak?
Ons gaan "google" dit.   Hoeveel keer soek ons die antwoorde
wat ons in God se Woord kan kry op die internet.
Ons jongmense word geleer om op hul eie vermoe staat te maak,
in plaas daarvan wat God se woord ons leer:  "ons is meer as
oorwinnaars in HOM.  Ons is tot als in staat deur JESUS
CHRISTUS WAT ONS DIE KRAG GEE.
Ons gaan haal ons jong 16jarige dogter by 'n partytjie en die
jongmense word toegelaat om hulle hande in die lig te gooi en
saam met 'n liedjie te vloek.  Hoe kan ons as volwasse mense
ons jong kinders toelaat om so iets te doen.  Ons gaan google om te
sien wat die nadelige oorsake van die okkapyp vir hulle longe is,
maar ons gaan kyk nie wat God se Woord in PSALM 119:9 sê
"waarmee sal die jongeling sy pad suiwer hou?,
deur dit te hou na U Woord"
of vers 11 wat sê "Ek het U Woord in my hart gebêre,
sodat ek teen U nie sal sondig nie.  
Wat van die skade wat dit aan 'n jongmens se siel doen om
hande in die lig te staan en saam 'n groep jongkinders te vloek.

11 Tim 2:22 leer 'n jongmens om te vlug vir die begeerlikhede
van die jonkheid, maar om na te jaag,  geregtigheid, liefde,
vrede, geloof, saam met die wat die Here met 'n rein hart aanroep.

Kom ons hou op "google" vir die regte antwoorde en
soek dit in GOD SE WOORD.

U, HERE IS 'N WAARMAKER VAN U WOORD

No comments:

Post a Comment