Thursday 7 May 2015

LAPPIESKOMBERS


Terwyl ek besig is om my lappieskombers te hekel,
begin God se Gees met my deel oor die verband tussen
al daardie los lappies en ons lewe.

In die begin toe ek die kombers beplan het het ek sekere
kleure gekies om te gebruik.  Ek het ywerig begin hekel maar
toe tot my spyt kon ek nie meer 'n sekere kleur kry  nie.
Ek was gedwing om 'n ander kleur te kies en dit daar
in te werk.  Net so is ons lewens soms.  Ons beplan en ons
tref reelings en ons droom.  Maar dit werk nie altyd uit soos ons dit
beplan het nie.  Die Woord leer ons in Spreuke 16:9 dat die
mens beplan sy pad, maar die HERE bepaal hoe hy dit loop.

Moet ek nou my kombers los en ophou hekel omdat ek
nie al die kleure wol kry waarmee ek begin het?
Gaan my kombers nou nooit klaar kom nie?
Gaan my kombers lelik en onbruikbaar wees?
Gaan my kinders en kleinkinders nou geen genot daaruit put?
Gaan ek hom nie oor 'n bank kan gooi en met hom spog nie?

Die antwoorde op die bogenoemde vrae is so maklik.
Ja ek gaan hom klaar maak, ongeag,  hy gaan bruikbaar wees,
my kinders gaan hom geniet, ek gaan hom kan uitstal en met
hom spog.  Al moes ek nou ander kleure bysit my kombers
gaan spesiaal wees.  Hy gaan mooi wees,  bruikbaar en
'n uitstalstuk.  Dit gaan my handewerk wees.

Net so moet ons partymaal aanpassings maak in ons lewe.
Alles werk nie altyd uit soos ONS beplan nie.  Veral as ons
God se wil soek.  Sy gedagtes is nie ons gedagtes nie.  Sy wee
is nie ons wee nie.  Gaan ons nou onbruikbaar, lelik, doelloos
en misrabel wees?.  NEE!!!  ons gaan nie.
Uit al die los lappies van ons lewe, gaan God iets moois maak.
Hy maak ons bruikbaar, en dis baie keer daardie ander kleur lappie
wat sal uitstaan en die kombers nog mooier maak as wat ons
beplan het.  Sy gedagtes is vir ons goed, dis meer as die sand.
Maar baie keer is dit nodig dat daar 'n ander kleur lappie
bykom sodat die eindproduk soveel mooier kan wees.

Dit voel partykeer vir my my kombers gaan nooit klaar kom nie,
want ek hekel nou al twee jaar aan hom. 
Elke jaar se ek ek hoop hys darm volgende winter klaar. 
Maar die realiteit is dat hy GAAN klaar kom, veral as ek aanhou
en uithou en elke dag met nuwe ywer aangaan om te hekel. 
Hy gaan op die ou einde bruikbaar en pragtig wees, en ek sal'
kan sê:  wow, dis my handewerk wat daar pryk.

God sal nooit iets in jou lewe begin en dit nie klaarmaak nie.  
Hy IS 'n Waarmaker van Sy Woord.  In Hom, en deur Hom
staan elke belofte vas.   Kom ons hou vas aan Sy beloftes.
Kom ons raak nie moedeloos nie.  Kom ons pak elke dag met
nuwe ywer en krag aan.  Dit voel dalk soms dit raak teveel.
Wat is die doel van alles?

Die einddoel is die saligheid van ons siele.
Die lappieskombers wat God besig is om deur jou te hekel
gaan 'n pragstuk wees.  Dit gaan bruikbaar wees, dit wat jy agterlaat
gaan dalk 'n LEGACY vir jou nageslag wees.  
God gaan daarna kyk, en sê:  WOW, DAARDIE PRAGTIGE KOMBERS
WAT SO BRUIKBAAR IS IN MY KONINKRYK, IS DIE
LAPPIESKOMBERS WAT EK GEHEKEL HET.

Staan vas, wees getrou en ONTHOU

GREAT ARE YOUR LORD


No comments:

Post a Comment