Wednesday 1 April 2015

NIE LANGER 'N SLAGOFFER


Ek ontmoet onlangs 'n vrou wat so vasgevang is in haar
verlede dat sy niemand naby haar toelaat nie.  Sys skepties 
oor alles en vertrou niemand.  Sy praat net wanneer sy voel
dis regtig nodig en jy sien selde 'n glimlag op haar
pragtige gesig.  Aanraking is by haar geen opsie nie.

Ek ry in die week skool toe om daar saam met die mammas
wat omgee te gaan bid en ek dink aan haar.  My hart huil oor haar.

Ek voel ek wil uit my voertuig spring en daar in die 
middel van die verkeer op 'n platform spring en begin skree
dat ons nie langer slagoffers van ons verlede moet wees nie.
Ons vat terug wat die satan van ons gesteel het.  Ons vat
ons trots en ons eer en ons selfrespek terug.   Ons kan niks
aan ons verlede doen nie, maar beslis aan ons toekoms.

Ek kyk 'n fliek saam met die kinders, en die ouer vrou gee
vir die jongdogter raad nadat die ander kinders haar op die
bus gespot het.  Sy sê vir haar:  die grootste wraak wat ons kan
neem, is om iemand verkeerd te bewys.

Kom ons staan op, kom ons vat terug wat die vyand van
ons gesteel het.  Moenie langer die persoon wat jou verkrag,
gemolesteer, verneder, seergemaak en gemaak het asof jy
onbelangrik, nikswerd en dom is,  die mag oor jou gee deur
verbitterd, seer en kwaad te bly nie.



God kan ons vrymaak van verbittering  en seer.  Daars vrede
by HOM en HOM alleen.  

JY IS MEER AS 'N OORWINNAAR DEUR JESUS
CHRISTUS WAT JOU DIE KRAG GEE.


THESES BONES WILL SING:
HOW GREAT ARE YOU LORD

No comments:

Post a Comment