Tuesday 18 November 2014

EN TOE WORD ONS DORS


"EN TOE WORD ONS DORS"

Dis die woorde van een van ons Suid-Afrikaanse liedjies,
ek weet wie dit sing nie, maar vanoggend terwyl ek
op die rooi robot staan en wag praat ek met die 
Here, en die volgende oomblik kom hou 'n man in 'n bakkie
langs my stil en albei sy ruite is afgedraai en die 
liedjie weerklink kliphard so vroeg in die oggend uit sy bakkie.

Ek wou my eers vervies, maar besef toe dat ek die 
vyand sy sin gaan gee as ek dit wel doen.
Ek hoor onder andere hy sing iets van "skink nog 'n dop".

Terwyl ek daar langs mnr dop-skink sit, begin ek vir 
hom te bid.  Ek  het vir God gevra om die persoon
'n honger en dors na Hom te gee.  Dat hy soekende sal word
na die Lewe wat daar in Christus Jesus te vind is.
Dat sy beker sal oorloop van die Lewende Water.

Ek het so lekker gevoel toe ek daar wegry.
Want nie alleen het die duiwel nie sy sin gekry nie, maar
ek weet dat God werklik 'n honger en 'n dors na Hom in
die persoon se hart sal plant.

So mnr, ek weet nie wie jy is, waar jy vandaan kom of
waarnatoe jy oppad was vanoggend nie.  
Maar een ding weet:  God het met jou 'n afspraak
gehad vanoggend, al weet jy dit nie.

Vader seen hom in alles wat hy mag doen.  Dat die
woorde van sy mond en die oordenking van sy hart, welbehaaglik
voor U aangesig sal wees.
In Jesus se Wonderlike Naam
AMEN

No comments:

Post a Comment