Tuesday, 23 September 2014
Friday, 19 September 2014
DIE KONING HET NOG 'N SKUIF OOR!!!
Mag hierdie boodskap jou vandag net so
bemoedig soos dit vir my het. Ek wou op
die top van 'n berg gaan staan en uitroep
hoe GROOT IS GOD
'n Ouerige man stap eendag deur die Louvre en stop by die sataniese skaakspel.
Doodstil staan hy vir lank die prent net en bekyk. Toe hy skielik lewe kry en begin
uitroep: "dit is 'n leuen, dit is 'n leuen!". Ander mense in die gallery het kom kyk
wat aangaan. Wat is die leuen? vra hulle terwyl hy aangaan om uit te roep. Die
Kurator van die museum daag op. "Meneer, is hier 'n probleem, kan ek help?"
Die man kyk die kurator in die oe en sê: "Ek is die Franse skaakkampioen, ek sê
vir jou dit is 'n leuen!". Die Kurator was nog steeds verward - wat is 'n leuen?
Die man wys na die skaakbord en sê:
Die skilder sal die skildery moet verander,
of hy sal die titel moet verander.
Kyk, die spel is nie oor nie, dit is 'n leuen,
dit is nie skaakmat nie,
die Koning het nog 'n skuif!"
'n Klein seuntjie met 2 vissies en 5 brode en duisende mense.
Dit lyk soos skaakmat, maar dit is 'n leuen, want die Koning
het nog 'n skuif, en hulle tel 12 mandjies kos na die tyd op.
'n Man met die naam Daniel word gegooi in 'n kuil vol
honger leeus. Dit lyk soos skaakmat, maar dit is 'n
leuen, want die Koning het nog 'n skuif oor!
Jesus kom by die graf van Lasarus. Hy's al 3 dae dood.
Die graf ruik sleg. Dit lyk soos skaakmat, maar dis 'n
leuen, want die Koning het nog 'n skuif oor.!
Die vrou by die put, moet deur mans met klippe doodgegooi
word. Dit lyk soos skaakmat, maar dit is 'n leuen want die
Koning het nog 'n skuif oor, "Gaan en moenie langer sondig nie"
Die moordenaars saam met Jesus aan die kruis. Dit lyk
soos skaakmat, maar dis 'n leuen, want die Koning het nog
'n skuif oor, "jy sal saam met my in die Paradys wees"
Op Goeie Vrydag word die Lam geslag. Die mense skreeu
veroordelend - "Kruisig Hom! kruisig Hom!" Hulle spot
Hom en slaan Hom. Hulle spoeg Hom en kap Hom met
spykers vas aan 'n kruis. Jesus skreeu met 'n hortende
asemteug en gebarste lippe dit uit: "Eloi, Eloi lama sabagtana!
My God, my God, waarom het U my verlaat?"
Eenkant staan mense en sê: "Ander kon Hy red, maar
Homself kan Hy nie red nie." Dit is verby, skaakmat, gaan
maar huis toe - satan leun smalend oor die skouer van die
mens, alles is verby. Maar dan kom opstandig Sondag
en ek en jy WEET. Dit lyk soos skaakmat, maar dit is
'n leuen, want die Koning het nog 'n skuif oor!!
DIE LAND IS IN 'N GEMORS. Moorde vind orals plaas.
Kinders word wreed verkrag. Mense verloor hul werke,
huise, huwelike, lewens, selfrespek, waardes, morele, harte
en verstand. Jou lewe is 'n gemors. Jy soek, jy klop,
jy roep, jy huil, jy lag, jy raak kwaad, jy voel leeg, jy
voel verlore. Jy soek jou voetspore, maar vind verdwaalde
paaie. Satan staan en lag. Dis verby. Sluk daai pil, trek
die sneller, gee daai tree oor die rand........
Vrees is aan die orde van die dag. Vrees bepaal jou
kom en jou gaan. Vrees vir jou lewe, vrees vir jou medemens,
vrees vir jouself, vrees vir jou gedagtes, vrees vir jou
omstandighede, vrees vir more, vrees vir die herinnering
van gister, vrees vir die omstandighede van vandag.
VREES ......
Maar vandag wil ek vir jou sê: Die spel is nie oor nie!!!
DIE KONING VAN ALLE KONINGS HET NOG 'N SKUIF OOR!!!!!!
Friday, 12 September 2014
CINDY EN JESS - BESKERM DEUR DIE BLOED V JESUS
Ek is so dankbaar vir bloed en die beskerming van Jesus.
Twee jaar gelede toe ons in Heroldsbaai net buite
George gebly het, het my 2 dogters, Cindy en Jessica
afgegaan strand toe om in die "tidalpool" te swem.
Dit was hoogwater en die branders was baie hoog.
Ek het in die kombuis gesit en het skielik 'n gevoel
van onheil ervaar. Ek weet dit was God se Gees wat
my bewus gemaak het dat die vyand 'n aanslag iewers beplan.
Ek het nie geweet wat dit was nie, maar het spontaan
die bloed van Jesus oor Cindy en Jess begin pleit.
Ek het vir God gevra om hulle te beskerm.
Na 'n halfuur of so het hulle ingestap gekom en die
oomblik wat ek hulle sien het ek geweet daar het iets
gebeur. Hulle het aan skok gely en het gehuil. Cindy
se bene was oral stukkend gekap en hulle het net
na my toe gekom en ek het hulle vasgehou.
Hulle het begin vertel hoe die branders eers vir
Cindy uit die swembad in die see gegooi en sy net met haar
vingerpunte aan die rotse vasgehou het. Sy't gebid
dat Jess net binne moet bly. Jess het egter besluit
sy gaan vir Cindy red en het oor die rand gespoel
Sy kon ook net aan die rotse gryp en vasklou met haar
vingerpunte. Die mense op die strand het saamgedrom
en nie dadelik besef die twee jongmeisies is in
dat Jess net binne moet bly. Jess het egter besluit
sy gaan vir Cindy red en het oor die rand gespoel
Sy kon ook net aan die rotse gryp en vasklou met haar
vingerpunte. Die mense op die strand het saamgedrom
en nie dadelik besef die twee jongmeisies is in
die moeilikheid nie.
Op 'n stadium het Cindy se vingers losgegly en sy
kon net weer met haar vingers aan die volgende rotse
vasgryp. Hulle het gebid en gehuil en die volgende oomblik
het 'n brander gekom en hulle oor die rotse gegooi en
terug binne-in die swembad. Mense het die bloed
van hulle afgewas en vir hulle water gegee vir die skok.
Cindy het in 'n skoktoestand teruggery huistoe.
Ek glo die oomblik toe ek die bloed van Jesus en
God se beskerming oor hulle gebid het, was die oomblik
toe die brander hulle teruggooi in die swembad.
Aan die koning van die Eeue, die Onverderflike,
Onsienlike, Alleenwyse God
Kom toe die lof die eer en die heerlikheid.
Tot in ewigheid
Amen
ONS HET U LIEF O HEER.
Tuesday, 26 August 2014
Vriendin jy MAG maar moeg word
"Vriendin, jy MAG maar moeg word"
Dis die woorde wat twee baie kosbare vriendinne
vandag vir my gesê het. Selfs Moses het moeg
geword en dan het Aaron en Hur gekom en sy arms
omhoog gehou.
Ons gesin is in 'n nuwe stad met nuwe uitdagings,
en ek het net erken dat ek moeg is en selfs bang.
Hulle het my arms omhoog gehou en saam met my
gebid. Soos Aaron en Hur gedoen het het hulle
weerskante van my kom staan en my arms omhoog
gehou, en saam met my gebid.
Dit was so amazing en ek het net gevoel hoe God
se Gees deur my begin spoel en my vernuwe.
My denke en my gees is vernuwe. Ek het in tale
begin spreek en ek weet in die geestesdimensie het daar
iets gebeur vandag. Ek ervaar dit in my liggaam,
ek ervaar dit in my uitspraak oor ons lewe, my
man se werk, my kinders. Ek weet die God wat ons
dien, is die God van die onmoontlike. Dis die
God wat 'n pad in die woestyn maak. Hy skep
riviere in die wildernis.
Die een vriendin het haar hand op my arm gelê
en my uitgedaag om te sê wat die laaste ding was
wat God vir ons gesê het. Het Hy vir ons gesê om PE
toe te kom.? As ek sê dis 'n baie ongemaklike uitdaging,
dan bedoel ek elke woord daarvan.
As God jou gestuur het dan SAL Hy die deure oopmaak.
Ek aanvaar geen wapen wat die vyand smee teen ons
nie, en staan vas in die Naam van Jesus.
Liewe vriendin as jy moeg geword het, bid ek
vanaand dat God vir jou 'n Aaron en 'n Hur sal gee
wat bereid sal wees om jou arms omhoog te hou
en jou te dra. Weet net dit:
GOD SAL JOU NOOIT BEGEWE OF
JOU NOOIT VERLAAT NIE.
Monday, 25 August 2014
In HOM is elke belofte ja en amen
11 Kor 1:20
Want hoeveel beloftes van God daar ook mag wees,
in Hom is hulle ja en in Hom amen, tot heerlikheid
van God deur ons.
U Woord het ek lief Here.
Ek staan vandag op elke belofte in U Woord,
met die wete in U is hulle ja en amen.
U is 'n Waarmaker van U Woord
11 Tim 3:16-17
Die hele Skrif is deur God ingegee, en is nuttig tot
lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot
onderwysing in die GEREGTIGHEID,
sodat die mens van God volkome kan wees, vir
elke goeie werk volkome toegerus.
Timotheus sê duidelik vir ons hoe belangrik dit is
om God se Woord te ken, te bestudeer en lief te hê.
Volgens Matt 6:33 moet ons eers die koninkryk
van God en Sy GEREGTIGHEID soek,
en al die ander dinge sal vir ons bygevoeg word.
(lees hele hoofstuk 6)
God se Woord onderrig ons in GEREGTIGHEID volgens
11 Tim 3.
Maak vandag 'n keuse om 'n dieper verhouding
met die Allerhoogste God te hê deur die woord
wat deur God ingegee is meer gereeld te lees en te bestudeer.
GEBED
Vader mag U die Woord op die tafels
van ons hart skryf. U is 'n Waarmaker
van U Woord en U woord sal nie ledig
terugkeer na dit waartoe U dit stuur nie.
Dankie dat elke belofte in U woord ja
en amen is. U woord is lewend en kragtig
en skerper as enige tweesnydende swaard.
Dankie vir U Woord Here
In Jesus Naam
Amen
Monday, 18 August 2014
OH NO, SHE'S UP!!!
Vrydag het ek op my blog geskryf om positief te wees
en lewe te spreek in elke aspek van jou lewe.
Wel, ek moet vandag erken dat ek 'n paar baie
negatiewe emosies ervaar het die afgelope week asook
naweek. Selfs as ek God se woord gespreek het het
dit vir my soos lee woorde geklink en gevoel.
Ek het baie ver verwyder van God gevoel en selfs
nadat ek Dinsdag by die gebedsgroep by die skool
bely het dat ek nie so gedisiplineerd is soos ek weet ek
moet wees nie, kon ek myself nie so ver kry om
meer tyd met God te spandeer nie.
Ek het 'n goeie vriendin ge-whatsapp en gevra sy moet
saam met my bid want ek beleef 'n geestelike krisis.
Ek was net moeg en kon nie myself oorgee nie.
Ons word so maklik meegesleur deur die alledaagse
dinge van die lewe, bekommernisse ens.
Kom ons maak tyd om werklik daar te kom waar ons
ingestel is op God se Gees. Net in Sy
teenwoordigheid kan ek weer die vrede ervaar waarna ek
gesmag het die afgelope week. Net deur God
se woord te spreek kan ek die planne van
die vyand weerlê. Toe Jesus in die woestyn deur
satan versoek was, het Hy vir hom elke keer gesê:
''Daar staan geskrywe"
LORD, MY SOUL DESIRE
IS TO BE USED BY YOU.
Friday, 15 August 2014
SPREEK LEWE
KIES OM HIERDIE NAWEEK LEWE
TE SPREEK OOR ELKE ASPEK VAN JOU LEWE,
VERHOUDINGS, JOU LIGGAAM - Waar daar siekte
is, spreek God se genesing wat daar is in die bloed v Jesus.
Waar daar 'n behoefte is, spreek God se voorsiening,
Gaan lees die Woord, ken die Woord.
Ons het God se woord nodig om die plan van die
vyand te weerlê en Sy volheid te ervaar.
Daars krag in woorde.
SPREEK LEWE
Subscribe to:
Posts (Atom)
