Tuesday 15 July 2014

RUMMIKUB - Die reels het verander

'n Paar van ons familielede het vanaand Rummikub gespeel
en omdat die speletjie mens leer om jou brein in te span en
te dink, hou ek baie daarvan om dit te speel.
Ek het goed gevaar en het dit regtig baie geniet.  Ons 
het gelag en grappies gemaak.

Maar skielik besluit iemand die reels moet verander en ons
gebruik 'n uurglas om tyd te hou sodat elkeen net 
een minuut op 'n slag het om te dink.  As jy 'n slegte
hand gedeel is is dit die slegste reel wat daar kan wees.
Nou ja nodeloos om te sê,  ek het 'n slegte hand gekry en 
toe die ander al amper klaar gespeel het kon ek nog
nie eers een pakkie op die bord uitsit om te begin nie.
Toe ek ten einde laaste kan begin uitsit was my tyd te min
en dus kon ek nie gou genoeg uitsit  nie, met die gevolg
ek het verloor,  

Ek het egter geen probleem met verloor nie en vat my verloor 
soos 'n man (of soos my skoonsus se dogter so ewe gesê het)
soos 'n vrou.   Nou ja, ons almal weet dis net by wyse van
spreuke,  dus vat ek my pak soos 'n man.
Waarmee ek wel 'n probleem het, is die feit dat die reels
verander het en die speletjie toe vir my al sy
kleur verloor het,   Ek wou nie verder speel nie, en het
agterna bietjie sleg gevoel, want toe pak ons op en niemand
speel verder nie.   

Hoeveel keer verander die reels nie in die lewe nie?
Ek het al gehoor mense sê selfs dat reels daar is
om gebreek te word.  Partymaal buig ons die reels so bietjie om
dit vir onsself makliker te maak of om ons doel vinniger te bereik.
Reels maak ons partymaal selfs so bietjie ongemaklik,

Die Woord van God leer my egter dat God Onveranderlik is.
Hy is gister en vandag en tot in alle Ewigheid dieselfde.
Hy is nie 'n mens dat Hy sou lieg nie.  Dit wat Hy 
gister gedoen het, doen Hy nog vandag en sal Hy
nog in die toekoms ook doen.
Ons dien 'n God van wonders en tekens.
'n God wat die onmoontlike moontlik maak.
Jesus Christus is die begin en die voleinder van ons geloof.

Kom ons vertrou die God wat die Skepper is van die hemel
en die aarde, onvoorwaardelik,

DANKIE VADER DAT EK WEET U IS OP DIE
TROON. DANKIE DAT U GISTER EN VANDAG
EN TOT IN ALLE EWIGHEID DIESELFDE
IS.  U WAT WAS EN U WAT IS EN U
WAT SAL KOM.
EK WEET DAT U NOG STEEDS WONDERWERKE
DOEN EN NIE ;N MENS IS WAT SAL LIEG NIE.
AS U GESê HET DIT IS SO, DAN SAL DIT SO
WEES.  IN JESUS NAAM IS EK GENEES.
U IS 'N WAARMAKER VAN U WOORD

AMEN


These bones will sing
HOW GREAT IS OUR GOD





No comments:

Post a Comment