Tuesday 29 July 2014

DRIE UUR IN DIE OGGEND WAKKER

Ek het vanoggend drieuur wakker geskrik
en kon nie weer aan die slaap raak nie.
Ek het die naweek 'n gesprek met iemand
gehad en het nie dadelik geweet wat
om te antwoord nie.  Die duiwel
wat die vader van die leuens is, het
my probeer wysmaak ek het nie God
se Gees nie, dis hoekom ek niks kon sê.

Terwyl ek wakker lê het God se Gees met
my begin deel oor die situasie van die
naweek en ek het besef as ek toe 
iets gesê het sou ek die verkeerde
goed kwytgeraak het.  God se Gees het
die Woord vir my begin oopmaak
en ek het naderhand opgestaan en
alles neergeskryf voor ek dit vergeet.
God het my toegerus want ek weet die
situasie sal weer opduik.  

VADER EK DANK U VIR U HEILIGE GEES.
SKRYF U WOORD OP DIE TAFELS VAN
MY HART, EN HERE RUS U MY TOE
VIR DIT WAARVOOR U MY GEROEP HET.
SKEP OPNUUT IN MY 'N BEGEERTE OM
MEER EN MEER VAN U TE LEER.
DAARS 'N VUUR HIER BINNE MY EN
DIT BRAND JA DIT BRAND VADER.
EK HET U LIEF HERE
IN JESUS NAAM
AMEN

No comments:

Post a Comment