Monday 7 July 2014

BEAUTY FROM ASHES - Vrouekonferensie - 9 Augustus 2013

Vrouekonferensie

Dit was een van die grootste oorwinnings in my lewe.
Ek het vir past Hannetjie Raubenheimer van George gehelp
om 'n vrouekonferensie by die Hyatt Hotel te reel, en God 
het elke aspek van daardie konferensie geseen.
Oral waar ons vir borge gevra het het ons guns gevind by mense.
Ons het geen wins gemaak nie en die kaartjies was bekostigbaar,
want ons wou dit vir elkeen toeganklik maak.  Besighede het 
kaarjties geborg vir vrouens wat daar moes wees maar dit nie
kon bekostig nie.  God het nie alleenlik met elke vrou
teenwoordig 'n afspraak gehad nie, maar ook met my.

Soos ek reeds vroëer gesê het was ek baie skaam en
minderwaardig.  Ek kon nie in 'n geselskap praat nie en was te
bang om my opinie oor enige saak te gee.

Nie alleenlik het ek by besighede ingestap en borge gereel nie,
maar daardie dag was ek die seremoniemeester en het 
ook 'n spreekbeurt van 'n halfuur gehad.  Die Heilige 
Gees het egter toegelaat dat ek net omtrent 15 minute praat,
maar ek glo dit wat ek gesê het, is wat iemand daar moes hoor.
Ek het voor 100 vrouens daardie dag gepraat, en nie omdat
ek goed is nie, maar omdat die Pottebakker my gevorm het
en ek toegelaat het dat Sy krag deur my werk.
Ons is meer as oorwinnaars in Christus Jesus en is tot
alles instaat omdat Hy ons die krag gee.

Later die aand het God net die werk wat Hy in my
begin het, bevestig toe my aanneem - ma (ek het haar aangeneem)
my kontak en vir my sê hoe trots sy op my is.  Sy sê dit het
gelyk asof ek op 'n gereelde basis seremoniemeester en
'n spreker by geleenthede is.  

Past Hannetjie wat daardie dag die woord bedien het, was
net so skaam en minderwaardig soos ek, maar omdat die
Pottebakker haar ook gevorm het, kon sy daardie dag die
woord op so kosbare wyse en gesalf deur God se Gees, bedien.
Ek dank Hom vir hierdie kosbare vriendin van my, en bid
die seen van die Here in elke aspek van haar lewe en bediening.

PSALM 30 : 12
U HET MY WEEKLAG VIR MY
VERANDER IN 'N KOORDANS,
U HET MY ROUKLEED LOSGEMAAK
EN MY MET VREUGDE OMGORD.

Laat toe dat die Pottebakker jou vorm.  
Sit jou voet in die water.
Neem daardie eerste stap.
God doen die res.

JY IS KOSBAAR EN WAARDEVOL VIR HOM

No comments:

Post a Comment