Sunday, 25 September 2016

'n Mislukking - NEVER AS TE NOOIT



Woensdagoggend omstreeks 3h43 het my man my met 'n 
whatsappboodskap wakker gemaak en gevra of ek ook wakker lê?

So twee weke gelede het 'n baie bekende sakeman my man
genader en vir hom gesê hy het vir hom 'n "business
opportunity".  Nadat my man werk vir die persoon gedoen het
het hulle vriende geword en in een van hulle geselsies het
hy sy jarelange droom met hom gedeel. Hyt op 'n plaas
groot geword en hy was 'n boerseun in sy hart, en wou
nog altyd sy eie plaas besit.  Die natuur en die grond
was nog altyd vir hom belangrik want dis waar Hy God se
Almag aanskou.  Toe hy klein was het hy altyd donkies 
grootgemaak, want "dit was die dier waarop Liewe Jesus gery het".

Die afgelope paar weke was 'n mallemeule van opgewondenheid,  plaas soek,  drome
droom,  familie kontak met die goeie nuus,  die kinders se blydskap,  onsekerheid.
weer hoop, baie vrae vra vir God ens ens.  Die droom was egter van korte duur, 
 toe die voorwaardes van die transaksie bespreek word.   Dit blyk toe dat die
 wonderlike vooruitsig van'n eie plaas besit, net gebou was op mense se 
eie selfsugtige begeertes.  Die voorwaardes bepaal onder andere dat ons kinders
 glad nie op die plaas mag kom nie, en indien familie kom kuier moet ons
 hulle buite die plaas ontvang.  Daar mag geen honde wees ,  en ons mag glad
 nie in die hoofhuis woon nie.  Ek was so opgewonde oor die huis 
want dit het die stoep gehad waaroor ek nog altyd gedroom het.

BARRY WAS NOU IN DIE POSISIE WAAR 'N PLAAS Lê WAT KONTANT 
BETAAL IS, EN HY MOET KIES TUSSEN SY JARELANGE DROOM
EN SY VROU EN KINDERS WAT VIR HOM SO KOSBAAR IS.

Sonder om een maal daaroor te dink het hy reguit vir die sogenaamde vriend 
gesê wat hy met sy aanbod kan doen, en dat sy vrou en kinders vir hom die
wêreld beteken.  Daar sou geen manier wees waarop hy sy kinders sal prysgee
nie.  

En dis hoekom hy my in die week wakker gemaak het want hy kon nie slaap
omdat die vader van alle leuens vir hom probeer vertel het hy is nikswerd.

Ons gesprek het daardie oggend gegaan oor sy bekommernis,   die feit dat hy
voel hy sak diep in 'n swart gat in,  hy kom nie aan die gang nie, hy voel hy
bid en kry nie antwoorde nie.
My man was moeg en toe hy vir my sê hy kan nie meer probeer nie, want
hy stel sy kinders teleur, hys 'n  mislukking, het ek die volgende gedoen om aan
hierdie wonderlike man en pa te wys wie en wat hy is.  En dit word nie bepaal
deur sy besittings of sy geld nie, want dit wat hy het kan nie met al die geld
in die wêreld gekoop word nie.  







Ek het vir hom fotos gestuur van sy girls en die liefde wat hy vir 
hulle het en hulle vir hom.  Die liefde is onvoorwaardelik en sal altyd wees.
Ons onthou die vetkoekies op 'n Saterdagoggend, die heerlike ritte
in die natuur,  die stap langs die see,  die dans op die maat van boeremusiek
in die sitkamer,  die mcds roomysie as ek kwansuis sooibrand het.
Jou grappies,  as jy dans met die hond, en die girls se skaterlag.
Daars soveel mooi oomblikke saam met sy gesin en hy was en is altyd 
daar vir ons,  Dit was nog nooit enige inspanning vir hom om ons eerste
te stel nie, en as een van die meisiekinders op sy skoot kom sit en hulle
arms om sy nek sit, gaan sy arms automaties oop.  Hyt altyd 'n menslike serp
om sy nek, in die vorm van 'n girl, hetsy sy vrou of een van sy meisiekinders.
Hy sal veg vir ons,  baklei vir ons en in die 25 jaar wat ons al getroud is,
was my vriendskap vir hom die belangrikste.  So, my liewe man, en die pa
van my kinders.  Jy sal altyd ons mansmens bly, ongeag.   En een ding moet jy
nooit ooit vergeet nie. GOD IS NIE 'N MENS DAT HY SOU LIEG NIE.
SY BELOFTES VIR JOU STAAN VAS.  HY GAAN JOU ROUKLEED
LOS MAAK EN JOU MET VREUGDE OMGORD.

 Ons seen die persoon wat jou seergemaak het en bid dat God met hulle sal wees.

Maar die belangrikste van alles my man

Jy is NIE 'n mislukking nie

NEVER AS TE NOOIT.....

______________________________________________________

Wednesday, 7 September 2016

2 Heart attacks and a stroke......and God still has a purpose?


Two heart attacks and a stroke......
And God still has a purpose?
____________

This is the response of a very dear friend after I
told him that God still has a purpose for his life.

God doesn't measure purpose on the amount of money
we earn or the extent of our possesions.

One day as I pulled up at the petrol station, I saw
the lady attendant sitting on a crate in front of the Quick Shop.
She was deep in thought and after a moment she came 
to help me.  I handed her my only R100 (times were tough)
and ask her to throw only R90 in my car.  When she returned
with the change I told her she can keep it.  Tears welled up in her
 eyes  and she told me that as I were pulling up she was  
just wondering what her children would eat that 
night as she has nothing to give them.
  "ma'am"' she said: "this will buy a bread"

I thanked God that I was purposeful in that ladies life that day.

Small things can make a big difference in someone
else 's  life.  Sometimes I buy the girl behind the cash
register a Chocolate and soft drink and encourage her to
keep smiling because it's almost time to go home.

I don't tell you this to boast.  I want to encourage you
to make a difference in someones life even if it is
only a friendly word, a compliment, a thank you for the
one who helped you that day at the supermarket.  

Our purpose is to honour God in everything we do.

I don't always live up to this but the Holy Spirit is there
to convict me of any wrong doing.  One day I was annoyed
with someone at our local supermarket, and I had
to go back and ask for her forgiveness.  She couldn't believe
it when I returned to say sorry.

Your act of kindness can be the difference that person
was longing for.  Maybe the difference between life or death.
The difference between going on or just giving up.  

There was and is still people in my life God used for His
purpose.  To encourage me, to give me hope, to strenghten
my faith in the Almighty God. 

BE THE CHANGE YOU WISH TO SEE IN THE WORLD.
BE PURPOSEFUL IN SOMEONES LIFE.
SHOW THEM THE LOVE GOD HAS FOR THEM
THROUGH YOUR ACTS.

GOD PLEASE HELP ME TO BE PURPOSEFUL
IN SOMEONES LIFE.  I LOVE YOU WITH ALL 
MY HEART, ALL MY STRENGHT AND ALL MY BEING.
AMEN



Tuesday, 23 August 2016

You are born a WINNER


As I was exercising this morning I suddenly felt tired and
thought to myself  that it was not worth it.
Because my joints hurt when I'm on the floor, I do
some of my exercises on the bed.  
While I was lying there feeling sorry for myself and demotivated
to go on, my eye caught a motivational verse my oldest daugther Lelani
has stuck to my closet. 

IT'S A SLOW PROCESS
DON'T MAKE IT SLOWER
BY QUITTING.
YOU ARE BORN A WINNER

Wow it was just the right message at the right time.

If it wasn't for that motivation I wouldn't have been able to tell
you now that I finished my exercises this morning.

Why?

Because
The Word of God tells me that I can do all things through Christ
and I am more than a conqueror in Jesus Christ.   And that
motivation that was put up with so much love, reminded me of that.

Thank you Father God for my daughter and for Your unfailing love for us

THESE BONES WILL KEEP ON SINGING
HOW GREAT ARE YOU GOD
Amen

Sunday, 12 June 2016

Just a touch of Your hand Lord Jesus.......


Two weeks ago my husband was in a serious accident on his
way to work.  It was in the early morning hours and a truck
was standing half in the road with no hazzards, ligths or triangles.
Some of its load was laying on the road and he was blinded
by oncoming traffic.  As he couldn't see the truck or its load, he
airborned over the load and missed the truck and the oncoming two cars
literally by centimetres........

He was so in shock that when he called me he was out of his
bakkie in the bushes about 20km from the accident scene.
Because of the shock he kept on driving until his bakkie 
stopped by itself due to the damage caused by the impact.

He was crying and didn't know where he was or what to do.
I tried to calm him to try and find out where he was as he could be anywhere
between Humansdorp and Stormsrivier.  (he was on his way from PE to George)
He was almost for an hour and a half on his own before the Police
could find him. 

While i was waiting for my daughter's boyfriend to come and
pick me up to go to the accident scene,  we started praying for
my husband.  Lelani, my oldest daughter was praying, and she
asked God to protect her daddy and THAT HE COULD
EXPERIENCE THE PRESENCE OF JESUS
 there where he is on his own,  in shock, not
knowing what to do and where he is.

The devil was trying to take his life but God decided it was
not death's time.  His hand was on Barry that day and we're
so thankful for the blood of Jesus and the protection
there is in His Mighty Name.  It was only by the grace of
God that his bakkie didn't roll or that he got any serious injuries.

Later that day i took him to George with the car and as
we past the accident scene and we saw the skid marks in daylight 
I was in awe for what God did for us that day.

We talked about the accident and my husband told me
while he was in the bushes crying and he didn't know what to 
do and he felt so fearful and alone,  HE SUDDENLY FELT
SOMEONE PUT HIS HAND ON HIS RIGHT SHOULDER.

I believe that it was the exact moment my daughter was praying
that her dad should experience the presence of Jesus Christ.

Thank you God that Your Grace is sufficient for us.

JUST THE TOUCH OF YOUR MIGHTY HAND LORD JESUS,
AND OUR LIVES WILL NEVER BE THE SAME....

Tuesday, 24 May 2016

Why complain if God wants to bless you.?......


A few months ago someone phoned me and wants
to bless our family with something inspired
by the Holy Spirit.
I was proud and did not know what to do
to prevent this from happening, because
i'd rather be the giver than the receiver.

I sent my sister a message and told her about it.
As it was my sister, I was hoping for 
support and for her to feel sorry for me.
But her response took me by surprise as she
asked me "WHY DO YOU COMPLAIN IF GOD
WANTS TO BLESS YOU?. SAY SORRY AND
SLEEP TIGHT SISTER"

It took some time for me to lay down my 
foolish pride and with shame and embarrassment I
thanked God for His goodness and love.

Must confess the next morning wasn't easy for
me but with God everything's possible.

So next time God wants to favor
you,  say THANK YOU and accept what God 
is giving you.

THANK YOU LORD FOR EVERYTHING
BLESS US TO BE A BLESSING FOR OTHERS.
AMEN
______________________________________________




Thursday, 12 November 2015

JESUS het klaar die prys betaal


Gister ry ek en my jongste dogter wat onlangs haar leerlinglisensie gekry het,
dorp toe en sy parkeer tussen twee voertuie, maar is te naby aan my kant
en ek kan nie uitklim nie.  In haar poging om agteruit te stoot om reg te stop
sodat ek kan uitklim raak ons 4x4 voertuig die kleiner voertuig langs ons en krap dit. \
Eers het ons gedink ons ry oor iets aangesien dit so gevoel het. 

Ek het dat sy begin terugstoot sodat ek kan uitklim en met die vrou van die
ander voertuig kan praat.  Die karwag dink toe ons wil wegry en skryf ons
registrasienommer neer en wys vir die vrou presies wat die skade is toe sy
aangeloop kom. Moet sê het nogal soos 'n skelm gevoel maar ja, dalk sou
ek ook so opgetree het as ek die karwag was.  

Die vrou is toe baie ontsteld en toe ek vir haar sê ons is vreeslik jammer, en die
ergste van alles is ons het nie eers versekering nie, het sy net haar skouers opgetrek
en gesê jammer dis nie haar probleem nie, ons moet maar net betaal want sy gaan
beslis nie.  
Ons het besonderhede uitgeruil en sy wou nie hê my dogter moes verder ry en 
uit die parkering terugstoot nie.  Daar was geen manier waarop ek vrees by my 
dogter sou kweek om nie weer met selfvertroue te bestuur nie, en het die vrou
aanbeveel om dan eerste te ry aangesien Jessica beslis gaan verder bestuur.

Julle wonder seker hoekom ek die storie vir julle vertel,  maar terwyl ek nou
hier op my bed lê en terugdink aan die insident gister,  vestig die Heilige Gees
my aandag op iets wat tog verband kan hou met die storie.

JESUS HET KLAAR DIE PRYS BETAAL

Maak nie saak hoeveel keer ons fouteer nie, die prys is reeds
betaal.  Daars niks wat ons hoef te doen om Sy genade te ontvang
nie, dit IS daar vir ons, ongeag.  Jesus het alles op Hom geneem
by die kruishout van Golgota en ons hoef nie weer te ly nie.  Selfs
al was jy die enigste persoon op die aarde sou God nog steeds Sy
enigste Seun gestuur het om vir jou sonde, jou skuld, jou siekte
vir al jou oortredings te sterf.   Die vyand is soos die karwag en probeer
ons altyd aankla en laat ons voel ons is nie goed genoeg nie.  Dis 
egter 'n leuen want JESUS HET KLAAR DIE PRYS BETAAL.

So my kosbare dogter.  Mam is nie bly oor wat gebeur het nie,
maar ek is wel dankbaar dat God alles ten goede vir ons
sal laat meewerk en dat Hy daardie insident gebruik om my
net weer opnuut te laat besef wat Golgota beteken het.

Dankie Jesus dat die prys betaal is.  U het opgestaan en leef tot
in ewigheid.   

Daars 'n lied wat sê "He could have called ten thousand angels
                                    but He died alone, for YOU and ME."


Tuesday, 27 October 2015

GEBED VIR SUID-AFRIKA - Hansie Smit


Hemelse Vader
Ons bid vandag spesiaal vir ons kosbare land....
SUID-AFRIKA.
Ons wil begin deur ons eie sonde teenoor U te bely.
Ons bely ons hoogmoed, liefdeloosheid en vrees.  Ons bely
ons misdaad, geweld en korrupsie.  Ons onverdraagsaamheid
en aggressie teenoor mekaar.  Ons bely ons valsheid, verwerping
en veroordeling.  Ons dubbele standaarde, vooroordele en gees
van kritiek.  Ons bely dat ons almal stukkende en gebroke
mense is wat U bonatuurlike GENADE en
GENESING dringend nodig het.

HERE, GENEES asseblief ons LAND.... maar begin
sommer hier by my.  Ek vra vir 'n Gees van 
VERGIFNIS en VRYSPRAAK.  Versoening en harmonie.
Vergewe al die kere wat ek dood en kritiek uitgespreek het,
in plaas van LEWE en GENESING.  Ek kies om nie deel
van die probleem te wees nie, maar van die OPLOSSING.

VADER, U VERDRYF altyd die duisternis deur die 
LIG te vermeerder.  Vermeerder U asseblief U LIG
binne-in ons.  
Maak ons kragtiger LIGDRAERS van U GEES en GENADE.
U WOORD en U WYSHEID.  Maak asseblief
ons geestelike oe oop om U dinamiese potensiaal in alle
mense raak te sien.  Ons kies om bouers te wees
en nie brekers nie.

JESUS,  ons KIES vandag om ons FOKUS te skuif
na dit wat POSITIEF en OPBOUEND is.  U leer ons om
die kwaad te OORWIN met die GOEIE.
Ons kan nie vuur met vuur blus nie.  Ons blus dit met
U ONVOORWAARDELIKE LIEFDE.
Liefde GLO  alles,  HOOP alles en VERDRA alles.

Ons dank U ook vir U FINANSIELE sorg en voorsiening
vir al ons land se mense.  Alle goeie GAWES kom van U af.
U SORG vir die mossies, en U sorg ook vir alle mense..
Gee vir ons die WYSHEIDA en INSIG om U
SEENINGE te DEEL met alle mense.  Ons is almal
gebore en geroep om 'n SEEN te wees vir 
die NASIES.

VADER
VANDAG begin 'n DRAAIPUNT in SUID-AFRIKA se geskiedenis.
'n NUWE dag en GESINDHEID..  'n Nuwe VISIE van HOOP
en VERTROUE.  'n ATMOSFEER van VREDE en 
VEILIGHEID.  'n Nuwe dag van GENESING  en HERSTEL.
OPBOUING  en HARMONIE.  U GEES waai deur ons land
en doen wat net U alleen kan doen.
U ALLEEN is ons GOD en KONING.

SUID-AFRIKA BEHOORT AAN DIE HERE!!!!!!!!!!!

VADER, ons dank U daarvoor in JESUS NAAM
AMEN