Tuesday 27 October 2015

GEBED VIR SUID-AFRIKA - Hansie Smit


Hemelse Vader
Ons bid vandag spesiaal vir ons kosbare land....
SUID-AFRIKA.
Ons wil begin deur ons eie sonde teenoor U te bely.
Ons bely ons hoogmoed, liefdeloosheid en vrees.  Ons bely
ons misdaad, geweld en korrupsie.  Ons onverdraagsaamheid
en aggressie teenoor mekaar.  Ons bely ons valsheid, verwerping
en veroordeling.  Ons dubbele standaarde, vooroordele en gees
van kritiek.  Ons bely dat ons almal stukkende en gebroke
mense is wat U bonatuurlike GENADE en
GENESING dringend nodig het.

HERE, GENEES asseblief ons LAND.... maar begin
sommer hier by my.  Ek vra vir 'n Gees van 
VERGIFNIS en VRYSPRAAK.  Versoening en harmonie.
Vergewe al die kere wat ek dood en kritiek uitgespreek het,
in plaas van LEWE en GENESING.  Ek kies om nie deel
van die probleem te wees nie, maar van die OPLOSSING.

VADER, U VERDRYF altyd die duisternis deur die 
LIG te vermeerder.  Vermeerder U asseblief U LIG
binne-in ons.  
Maak ons kragtiger LIGDRAERS van U GEES en GENADE.
U WOORD en U WYSHEID.  Maak asseblief
ons geestelike oe oop om U dinamiese potensiaal in alle
mense raak te sien.  Ons kies om bouers te wees
en nie brekers nie.

JESUS,  ons KIES vandag om ons FOKUS te skuif
na dit wat POSITIEF en OPBOUEND is.  U leer ons om
die kwaad te OORWIN met die GOEIE.
Ons kan nie vuur met vuur blus nie.  Ons blus dit met
U ONVOORWAARDELIKE LIEFDE.
Liefde GLO  alles,  HOOP alles en VERDRA alles.

Ons dank U ook vir U FINANSIELE sorg en voorsiening
vir al ons land se mense.  Alle goeie GAWES kom van U af.
U SORG vir die mossies, en U sorg ook vir alle mense..
Gee vir ons die WYSHEIDA en INSIG om U
SEENINGE te DEEL met alle mense.  Ons is almal
gebore en geroep om 'n SEEN te wees vir 
die NASIES.

VADER
VANDAG begin 'n DRAAIPUNT in SUID-AFRIKA se geskiedenis.
'n NUWE dag en GESINDHEID..  'n Nuwe VISIE van HOOP
en VERTROUE.  'n ATMOSFEER van VREDE en 
VEILIGHEID.  'n Nuwe dag van GENESING  en HERSTEL.
OPBOUING  en HARMONIE.  U GEES waai deur ons land
en doen wat net U alleen kan doen.
U ALLEEN is ons GOD en KONING.

SUID-AFRIKA BEHOORT AAN DIE HERE!!!!!!!!!!!

VADER, ons dank U daarvoor in JESUS NAAM
AMEN

No comments:

Post a Comment