Wednesday, 2 September 2015

DIE GROOT TREK



Om te verhuis, of te trek soos ek dit sommer noem, was nog
altyd vir my een groot deurmekaarspul.  Elke
keer wat ons verhuis neem ek myself voor, alles gaan op
gladde wiele verloop.  Maar, nou ja, nodeloos om te sê, toe ons
die afgelope naweek van die een woonbuurt na die ander
verhuis was niks beter of minder deurmekaar as ''n
vorige keer nie.  Ons het al soveel keer verhuis dat my man
spot en sê ons moet net ons hande klap,  dan sal die meubels 
en die res van ons besittings self op die wa spring.
Was dit maar so maklik?
 Ek het weke voor die tyd begin inpak en uitsorteer. 
  Die dag toe ons egter moet begin laai kom ek agter ek het
eintlik niks gedoen die afgelope weke nie.  Of so lyk dit
toe altans.  

So maklik kla ons oor ons besittings.  Dis nooit genoeg, mooi
of goed genoeg nie.!!  Begin inpak om te trek.  Glo my, die 
prentjie lyk dan totaal anders.  Met elke trek gee ek 'n
klomp goed weg, en soos ek so baie die naweek vir my 
vriendin gesê het: "ek is seker die bokse het kleintjies gekry"
Dis 'n paar dae later en die bokse staan nog oral rond.  

My man vertel vanoggend van mense wat hy elke oggend sien en 
hy is seker hulle slaap in hul voertuig.   My hart het uitgegaan
en dadelik is ek so dankbaar vir alles wat ek besit.  
Ons het soveel om voor dankbaar te wees, en selfs al het die
een slaapkamer nie hangkaste, ek nie genoeg gordyne  of
pakplek vir alles nie,  en sommige meubelstukke al
vervang moes word met nuwes,  loop ek vandag in my
gerieflike, ruim huis rond, en voel soos 'n koningin.

Ons is bevoorreg en God se genade is elke dag nuut.

In hierdie gerieflike, minder moderne huis gaan ek vir my
gesin 'n tuiste skep, en mag God se vrede so tasbaar wees dat
selfs ons besoekers daarvan bewus sal wees.

Dankie Vader vir ons huis en alles waarmee U ons seen
elke dag.

JOU HUIS IS WAAR JOU HART IS









Tuesday, 2 June 2015

Om 'n goeie Samaritaan te wees


Saterdagoggend gaan ek en my man bank toe.  Hulle
het 'n nuwe stelsel waar jy 'n kaartjie by 'n masjien moet kry
met 'n nommer op, en die kassier roep jou volgens daardie nommer.

Terwyl ons sit en wag kom 'n swartvrou in en sonder om 'n
kaartjie te vat kom sit sy langs ons.  Sy het baie sterk na drank
geruik en dit was glad nie aangenaam nie.
Ek het egter besef sy gaan die heeldag daar sit en niemand gaan
haar bedien nie, aangesien sy nie 'n nr het nie.
Ek het toe vir haar verduidelik van die masjien en het aangebied
om haar te gaan help om 'n nr te kry.  

Nadat ons 'n rukkie gesit het het 'n ou swart oom wat reeds by 
die toonbank gestaan het, na my toe gekom en vir my gesê dat
hy gesien het wat ek vir daardie vrou gedoen het, en hy is so dankbaar.
Hyt my 'n goeie Samaritaan van God genoem en die seen van die
Here oor my uitgespreek.  Op sy t-hemp het gestaan,  JESUS IS LORD.

Daars 'n spreekwoord wat sê "Jys miskien die enigste Bybel wat iemand lees".
Ek is so dankbaar dat ek daardie dag nie net vir daardie
dronk vrou nie, maar ook vir die koninkryk iets kon beteken deur
God se liefde op 'n tasbare wyse aan iemand te bewys.

Terwyl ek hier tik besef ek ook net weereens dat ons
nie 'n nommer of 'n wagtyd nodig het om met God in aanraking te kom nie,
nee,  ons kan direk met Hom kommunikeer en die Woord leer
ons dat die Bewaarder van Israel sluimer of slaap nie.

Dankie Vader dat ek 'n instrument in U hand was.
Dankie dat die wêreld deur ons optrede sal sien wie U is.
Amen


These bones will sing
HOW GREAT IS OUR GOD



Thursday, 14 May 2015

Was BAIE ryk, nou net 'n BIETJIE ryk


Daar word gesê uit die mond van die suigeling 
sal jy die waarheid hoor.  Dis weereens die week bevestig
deur 'n klein dogtertjie by die kleuterskool waar my
dogter 'n juffrou is.

Toe juffrou vir haar vra of sy 'n partytjie gaan hou as sy
binnekort verjaar, het die kleinding doodernstig
verklaar dat daar die jaar nie 'n partytjie sal wees nie,
want hulle was eers baie ryk, maar nou is hulle net
'n bietjie ryk. 

Daaruit kan mens seker aflei dat mamma en pappa
'n finansiele krisis beleef, en dis die manier waarop hulle
hulle klein dogtertjie voorberei op die feit dat daar
die jaar nie 'n partytjie gaan wees nie.   Welgedaan liewe
ouers.  Ek haal my hoed af vir julle.  Dit wat julle
in jul dogtertjie se lewe belê het kan nie met
geld gekoop word nie.  Netsowel kon jul gesê het jul
is nou arm en daarom is daar nie geld vir dit nie.

Dit laat my dink aan die spreekwoord wat sê:
"is die glas half vol of is hy half leeg" ?
By hierdie ouers is die glas beslis halfvol en verseker
leer hul dit vir hul kinders ook.
Hulle het gekies om die situasie op 'n positiewe manier
te hanteer.    Dit was vir my so pragtige storie en dit laat
my selfs op 'n ander manier na 'n situasie kyk.

Ek bid vir verandering in daardie ouers se situasie,
en dat God hul weer sal seen met oorvloed en
Bonatuurlike guns.  

En vir jou klein dogtertjie, bid ek dat die glas 
   altyd HALF VOL sal wees, en wanneer jou geboortedag
die jaar aanbreek dat jy en jou ouers so bewus sal 
wees van God se alomteenwoordigheid, Sy genade,
en die wonderlike wete, dat Sy gedagtes vir jou
meer is as die sand.  Al is julle op die oomblik
NET 'N BIETJIE RYK

AMEN

Thursday, 7 May 2015

LAPPIESKOMBERS


Terwyl ek besig is om my lappieskombers te hekel,
begin God se Gees met my deel oor die verband tussen
al daardie los lappies en ons lewe.

In die begin toe ek die kombers beplan het het ek sekere
kleure gekies om te gebruik.  Ek het ywerig begin hekel maar
toe tot my spyt kon ek nie meer 'n sekere kleur kry  nie.
Ek was gedwing om 'n ander kleur te kies en dit daar
in te werk.  Net so is ons lewens soms.  Ons beplan en ons
tref reelings en ons droom.  Maar dit werk nie altyd uit soos ons dit
beplan het nie.  Die Woord leer ons in Spreuke 16:9 dat die
mens beplan sy pad, maar die HERE bepaal hoe hy dit loop.

Moet ek nou my kombers los en ophou hekel omdat ek
nie al die kleure wol kry waarmee ek begin het?
Gaan my kombers nou nooit klaar kom nie?
Gaan my kombers lelik en onbruikbaar wees?
Gaan my kinders en kleinkinders nou geen genot daaruit put?
Gaan ek hom nie oor 'n bank kan gooi en met hom spog nie?

Die antwoorde op die bogenoemde vrae is so maklik.
Ja ek gaan hom klaar maak, ongeag,  hy gaan bruikbaar wees,
my kinders gaan hom geniet, ek gaan hom kan uitstal en met
hom spog.  Al moes ek nou ander kleure bysit my kombers
gaan spesiaal wees.  Hy gaan mooi wees,  bruikbaar en
'n uitstalstuk.  Dit gaan my handewerk wees.

Net so moet ons partymaal aanpassings maak in ons lewe.
Alles werk nie altyd uit soos ONS beplan nie.  Veral as ons
God se wil soek.  Sy gedagtes is nie ons gedagtes nie.  Sy wee
is nie ons wee nie.  Gaan ons nou onbruikbaar, lelik, doelloos
en misrabel wees?.  NEE!!!  ons gaan nie.
Uit al die los lappies van ons lewe, gaan God iets moois maak.
Hy maak ons bruikbaar, en dis baie keer daardie ander kleur lappie
wat sal uitstaan en die kombers nog mooier maak as wat ons
beplan het.  Sy gedagtes is vir ons goed, dis meer as die sand.
Maar baie keer is dit nodig dat daar 'n ander kleur lappie
bykom sodat die eindproduk soveel mooier kan wees.

Dit voel partykeer vir my my kombers gaan nooit klaar kom nie,
want ek hekel nou al twee jaar aan hom. 
Elke jaar se ek ek hoop hys darm volgende winter klaar. 
Maar die realiteit is dat hy GAAN klaar kom, veral as ek aanhou
en uithou en elke dag met nuwe ywer aangaan om te hekel. 
Hy gaan op die ou einde bruikbaar en pragtig wees, en ek sal'
kan sê:  wow, dis my handewerk wat daar pryk.

God sal nooit iets in jou lewe begin en dit nie klaarmaak nie.  
Hy IS 'n Waarmaker van Sy Woord.  In Hom, en deur Hom
staan elke belofte vas.   Kom ons hou vas aan Sy beloftes.
Kom ons raak nie moedeloos nie.  Kom ons pak elke dag met
nuwe ywer en krag aan.  Dit voel dalk soms dit raak teveel.
Wat is die doel van alles?

Die einddoel is die saligheid van ons siele.
Die lappieskombers wat God besig is om deur jou te hekel
gaan 'n pragstuk wees.  Dit gaan bruikbaar wees, dit wat jy agterlaat
gaan dalk 'n LEGACY vir jou nageslag wees.  
God gaan daarna kyk, en sê:  WOW, DAARDIE PRAGTIGE KOMBERS
WAT SO BRUIKBAAR IS IN MY KONINKRYK, IS DIE
LAPPIESKOMBERS WAT EK GEHEKEL HET.

Staan vas, wees getrou en ONTHOU

GREAT ARE YOUR LORD


Wednesday, 1 April 2015

VIR MY TOEKOMSTIGE SEUNS........


vir my seuns wil ek sê.........

  julle  moet die Here liefhê met julle hele hart,
julle hele verstand en al julle krag.  

Bêre volgend Psalm 119:11 God se woord in julle hart
sodat julle nie sal sondig nie  

 Bewaar julle harte meer as alles wat bewaar
moet word, want daaruit is die oorspronge vd lewe.

Hou julle self rein  want daars 'n pragtige
koningin wat haarself voorberei om eendag voor haar 
koning te kan staan.  

Ken die Here in al jou wee dan sal HY julle 
paaie gelykmaak

Julle moet die Here vrees en HOM alleen dien

Wees die priester van julle huis en behandel julle vrouens
en kinders met eer en respek. 

As julle wysheid kortkom sê Jakobus 1 v 5 dat julle dit
van God kan bid.

My seuns vlug vir die begeerlikhede van die jonkheid
en jaag na, geregtigheid, geloof, liefde en vrede
saam met die wat die Here uit 'n rein hart aanroep.

My kinders, moenie haastig wees met julle woorde nie

Die bevalligheid is bedrog, en die skoonheid is nietigheid,
maar 'n vrou wat die Here vrees, sy moet geprys word

Gee sterk drank aan hom wat wil ondergaan.

My seuns vertrou God met julle toekoms en ook met
julle finansies. 

As die Here die huis nie bou nie, tevergeefs werk
die wat daaraan bou.

God gee dit vir Sy beminde in hul slaap.

Julle is meer as oorwinnaars en tot alles in staat
deur Jesus Christus wat julle die krag gee

God se gedagtes is vir julle goed en julle het 'n hoopvolle
toekoms, 'n verwagting in Hom.

Ek spreek oor julle  en jul gesinne BONATUURLIKE GUNS
EN BESKERMING.

IN DIE MAGTIGE NAAM VAN JESUS



NIE LANGER 'N SLAGOFFER


Ek ontmoet onlangs 'n vrou wat so vasgevang is in haar
verlede dat sy niemand naby haar toelaat nie.  Sys skepties 
oor alles en vertrou niemand.  Sy praat net wanneer sy voel
dis regtig nodig en jy sien selde 'n glimlag op haar
pragtige gesig.  Aanraking is by haar geen opsie nie.

Ek ry in die week skool toe om daar saam met die mammas
wat omgee te gaan bid en ek dink aan haar.  My hart huil oor haar.

Ek voel ek wil uit my voertuig spring en daar in die 
middel van die verkeer op 'n platform spring en begin skree
dat ons nie langer slagoffers van ons verlede moet wees nie.
Ons vat terug wat die satan van ons gesteel het.  Ons vat
ons trots en ons eer en ons selfrespek terug.   Ons kan niks
aan ons verlede doen nie, maar beslis aan ons toekoms.

Ek kyk 'n fliek saam met die kinders, en die ouer vrou gee
vir die jongdogter raad nadat die ander kinders haar op die
bus gespot het.  Sy sê vir haar:  die grootste wraak wat ons kan
neem, is om iemand verkeerd te bewys.

Kom ons staan op, kom ons vat terug wat die vyand van
ons gesteel het.  Moenie langer die persoon wat jou verkrag,
gemolesteer, verneder, seergemaak en gemaak het asof jy
onbelangrik, nikswerd en dom is,  die mag oor jou gee deur
verbitterd, seer en kwaad te bly nie.



God kan ons vrymaak van verbittering  en seer.  Daars vrede
by HOM en HOM alleen.  

JY IS MEER AS 'N OORWINNAAR DEUR JESUS
CHRISTUS WAT JOU DIE KRAG GEE.


THESES BONES WILL SING:
HOW GREAT ARE YOU LORD

Tuesday, 25 November 2014

WHO IS JESUS?



WHO IS JESUS?
In Chemistry, He turned water to wine.
In Biology, He was born without the normal conception.
In Physics, He disapproved the law of gravity when
He ascended into heaven.
In Economics, He disapproved the law of diminishing
return by feeding 5000 men with 2 fishes and 5
loaves of bread.
In medicine, He cured the sick and the blind without
administering a single dose of drugs.

In history, He is the beginning and the end.
In government, He said that He shall be called
Wonderful,  Counselor, Prince of Peace.
In religion, He said no one comes to the Father except
through Him
.
So, Who is He?

HE IS JESUS
HE IS WORTHY

In God I've found everything
The Greatest Man in History Jesus had no servants, yet
they called Him Master.
Had no degree, yet they called Him Teacher.
Had no medicines, yet They called Him Healer.
He had no army, yet kings feared Him.
He won no military battles, but yet He conquered the world.
He committed no crime, yet They crucified Him.
He was buried in a tomb, yet He lives today.

I FEEL HONOURED TO SERVE SUCH A LEADER!!!!