Tuesday, 29 July 2014

O HEER MY GOD (VIDEO)

Ons Vader is die Skepper van die
hemel en die aarde.
Niks is onmoontlik vir God nie. 
Hy kan die onmoontlike moontlik maak.
Ons is erfgename van God en
mede-erfgename saam met Jesus
Christus.

HOE GROOT IS ONS GOD
ALMAL SAL SIEN HOE
GROOT IS ONS GOD.




DRIE UUR IN DIE OGGEND WAKKER

Ek het vanoggend drieuur wakker geskrik
en kon nie weer aan die slaap raak nie.
Ek het die naweek 'n gesprek met iemand
gehad en het nie dadelik geweet wat
om te antwoord nie.  Die duiwel
wat die vader van die leuens is, het
my probeer wysmaak ek het nie God
se Gees nie, dis hoekom ek niks kon sê.

Terwyl ek wakker lê het God se Gees met
my begin deel oor die situasie van die
naweek en ek het besef as ek toe 
iets gesê het sou ek die verkeerde
goed kwytgeraak het.  God se Gees het
die Woord vir my begin oopmaak
en ek het naderhand opgestaan en
alles neergeskryf voor ek dit vergeet.
God het my toegerus want ek weet die
situasie sal weer opduik.  

VADER EK DANK U VIR U HEILIGE GEES.
SKRYF U WOORD OP DIE TAFELS VAN
MY HART, EN HERE RUS U MY TOE
VIR DIT WAARVOOR U MY GEROEP HET.
SKEP OPNUUT IN MY 'N BEGEERTE OM
MEER EN MEER VAN U TE LEER.
DAARS 'N VUUR HIER BINNE MY EN
DIT BRAND JA DIT BRAND VADER.
EK HET U LIEF HERE
IN JESUS NAAM
AMEN

Sunday, 27 July 2014

BIND US TOGETHER LORD


BIND US TOGETHER LORD,
WITH CORDS THAT CANNOT BE BROKEN


THANK YOU LORD FOR MY 3 WONDERFUL DAUGHTERS
BLESS THEM AND KEEP THEM.




Tuesday, 15 July 2014

RUMMIKUB - Die reels het verander

'n Paar van ons familielede het vanaand Rummikub gespeel
en omdat die speletjie mens leer om jou brein in te span en
te dink, hou ek baie daarvan om dit te speel.
Ek het goed gevaar en het dit regtig baie geniet.  Ons 
het gelag en grappies gemaak.

Maar skielik besluit iemand die reels moet verander en ons
gebruik 'n uurglas om tyd te hou sodat elkeen net 
een minuut op 'n slag het om te dink.  As jy 'n slegte
hand gedeel is is dit die slegste reel wat daar kan wees.
Nou ja nodeloos om te sê,  ek het 'n slegte hand gekry en 
toe die ander al amper klaar gespeel het kon ek nog
nie eers een pakkie op die bord uitsit om te begin nie.
Toe ek ten einde laaste kan begin uitsit was my tyd te min
en dus kon ek nie gou genoeg uitsit  nie, met die gevolg
ek het verloor,  

Ek het egter geen probleem met verloor nie en vat my verloor 
soos 'n man (of soos my skoonsus se dogter so ewe gesê het)
soos 'n vrou.   Nou ja, ons almal weet dis net by wyse van
spreuke,  dus vat ek my pak soos 'n man.
Waarmee ek wel 'n probleem het, is die feit dat die reels
verander het en die speletjie toe vir my al sy
kleur verloor het,   Ek wou nie verder speel nie, en het
agterna bietjie sleg gevoel, want toe pak ons op en niemand
speel verder nie.   

Hoeveel keer verander die reels nie in die lewe nie?
Ek het al gehoor mense sê selfs dat reels daar is
om gebreek te word.  Partymaal buig ons die reels so bietjie om
dit vir onsself makliker te maak of om ons doel vinniger te bereik.
Reels maak ons partymaal selfs so bietjie ongemaklik,

Die Woord van God leer my egter dat God Onveranderlik is.
Hy is gister en vandag en tot in alle Ewigheid dieselfde.
Hy is nie 'n mens dat Hy sou lieg nie.  Dit wat Hy 
gister gedoen het, doen Hy nog vandag en sal Hy
nog in die toekoms ook doen.
Ons dien 'n God van wonders en tekens.
'n God wat die onmoontlike moontlik maak.
Jesus Christus is die begin en die voleinder van ons geloof.

Kom ons vertrou die God wat die Skepper is van die hemel
en die aarde, onvoorwaardelik,

DANKIE VADER DAT EK WEET U IS OP DIE
TROON. DANKIE DAT U GISTER EN VANDAG
EN TOT IN ALLE EWIGHEID DIESELFDE
IS.  U WAT WAS EN U WAT IS EN U
WAT SAL KOM.
EK WEET DAT U NOG STEEDS WONDERWERKE
DOEN EN NIE ;N MENS IS WAT SAL LIEG NIE.
AS U GESê HET DIT IS SO, DAN SAL DIT SO
WEES.  IN JESUS NAAM IS EK GENEES.
U IS 'N WAARMAKER VAN U WOORD

AMEN


These bones will sing
HOW GREAT IS OUR GOD





Monday, 7 July 2014

BEAUTY FROM ASHES - Vrouekonferensie - 9 Augustus 2013

Vrouekonferensie

Dit was een van die grootste oorwinnings in my lewe.
Ek het vir past Hannetjie Raubenheimer van George gehelp
om 'n vrouekonferensie by die Hyatt Hotel te reel, en God 
het elke aspek van daardie konferensie geseen.
Oral waar ons vir borge gevra het het ons guns gevind by mense.
Ons het geen wins gemaak nie en die kaartjies was bekostigbaar,
want ons wou dit vir elkeen toeganklik maak.  Besighede het 
kaarjties geborg vir vrouens wat daar moes wees maar dit nie
kon bekostig nie.  God het nie alleenlik met elke vrou
teenwoordig 'n afspraak gehad nie, maar ook met my.

Soos ek reeds vroëer gesê het was ek baie skaam en
minderwaardig.  Ek kon nie in 'n geselskap praat nie en was te
bang om my opinie oor enige saak te gee.

Nie alleenlik het ek by besighede ingestap en borge gereel nie,
maar daardie dag was ek die seremoniemeester en het 
ook 'n spreekbeurt van 'n halfuur gehad.  Die Heilige 
Gees het egter toegelaat dat ek net omtrent 15 minute praat,
maar ek glo dit wat ek gesê het, is wat iemand daar moes hoor.
Ek het voor 100 vrouens daardie dag gepraat, en nie omdat
ek goed is nie, maar omdat die Pottebakker my gevorm het
en ek toegelaat het dat Sy krag deur my werk.
Ons is meer as oorwinnaars in Christus Jesus en is tot
alles instaat omdat Hy ons die krag gee.

Later die aand het God net die werk wat Hy in my
begin het, bevestig toe my aanneem - ma (ek het haar aangeneem)
my kontak en vir my sê hoe trots sy op my is.  Sy sê dit het
gelyk asof ek op 'n gereelde basis seremoniemeester en
'n spreker by geleenthede is.  

Past Hannetjie wat daardie dag die woord bedien het, was
net so skaam en minderwaardig soos ek, maar omdat die
Pottebakker haar ook gevorm het, kon sy daardie dag die
woord op so kosbare wyse en gesalf deur God se Gees, bedien.
Ek dank Hom vir hierdie kosbare vriendin van my, en bid
die seen van die Here in elke aspek van haar lewe en bediening.

PSALM 30 : 12
U HET MY WEEKLAG VIR MY
VERANDER IN 'N KOORDANS,
U HET MY ROUKLEED LOSGEMAAK
EN MY MET VREUGDE OMGORD.

Laat toe dat die Pottebakker jou vorm.  
Sit jou voet in die water.
Neem daardie eerste stap.
God doen die res.

JY IS KOSBAAR EN WAARDEVOL VIR HOM