Saturday 25 October 2014

WAAROP FOKUS JY?


Ek en my man het vanoggend ontbyt by 'n Padstal
so uur se ry van die huis af gaan eet.
So halfpad oppad soontoe het die motor die eerste
keer begin warm word.  Ons het stop stop gery en
moes kort kort water ingooi.  Oppad na ons
bestemming het ons by 'n plaasmark gestop en groente
en vrugte gekoop.  Na 'n heerlike ontbyt het ons "fudge
vir die kinders gekoop en begin terugry.
Nodeloos om te sê was dit nie die einde van ons 
probleme nie.  Ons moes verskeie kere stop en in Hankey
moes ons lank wag sodat die motor kan afkoel.
Iemand het by ons gestop en tot my groot verligting\
was dit 'n man wat al 28jaar by Mercedes as werktuigkundige
werk en hy het ons verseker die enjin het nie seergekry.
Ons "fan" het gegaan en ons is aangeraai om eers die
onderdeel te vervang anders sou ons probleme hê.

Ons voorman het in PE probeer om die onderdeel
te kry, maar tevergeefs.  Ons het besluit om verder
te gaan en het 'n paar kanne water, 'n koeldrank en 'n 
pak sout en asyn skyfies gekoop.

Ons het letterlik elke paar kilomter gestop.  Ek
het net besluit die duiwel sal nie regkry om ons vreugde
te steel nie.  Ek het op die mooi natuur begin fokus
en fotos met my foon geneem.  Ons het die hele
pakkie "fudge" opgeeet en omdat ons so soet soos
stroop was, het ons dit afgewissel met die skyfies
en die koeldrank.  Met een van ons stoppe het my
man van die naartjies uitgehaal en ons het dit verorber.

Ons het besluit om ons oe van ons probleem af te haal, 
(maar nie van die termometer af nie)  en het grappies 
probeer maak en gesels en heeltemal teveel en deurmekaar
geeet.  

Het ons probleem verdwyn ?

NEE, hy het nie.  Maar die manier waarop ons dit
hanteer het het gemaak dat ons daardeur kon kom.
Dit was nie altyd lekker of maklik nie,  maar wel
moontlik.  Ons is veilig by die huis en al die eer aan 
ons Hemelse Vader.

Voor ons gery het het ek my Bybel oopgemaak by Psalm 127
en gelees terwyl ek my hare drooggeblaas het.
God se Woord sê:  "Hy gee dit vir Sy beminde selfs in hul slaap"
Hoe wonderlik was die wete en die heelpad wat ons
so gesukkel het het die gedeelte deur my kop gemaal,
en ek het dit 'n paar keer met my man gedeel.

As jy in 'n situasie of  midde 'n probleem is,  haal jou
oe van die probleem,  en fokus op Jesus Christus, die
begin en Voleinder van ons geloof.  Moenie sien hoe groot
is jou probleem nie, maar vertel vir jou probleem
hoe groot is jou GOD.

Ek is in afwagting vir die voorsiening van God

HOE GROOT IS MY GOD....

No comments:

Post a Comment