Wednesday 1 April 2015

VIR MY TOEKOMSTIGE SEUNS........


vir my seuns wil ek sê.........

  julle  moet die Here liefhê met julle hele hart,
julle hele verstand en al julle krag.  

Bêre volgend Psalm 119:11 God se woord in julle hart
sodat julle nie sal sondig nie  

 Bewaar julle harte meer as alles wat bewaar
moet word, want daaruit is die oorspronge vd lewe.

Hou julle self rein  want daars 'n pragtige
koningin wat haarself voorberei om eendag voor haar 
koning te kan staan.  

Ken die Here in al jou wee dan sal HY julle 
paaie gelykmaak

Julle moet die Here vrees en HOM alleen dien

Wees die priester van julle huis en behandel julle vrouens
en kinders met eer en respek. 

As julle wysheid kortkom sê Jakobus 1 v 5 dat julle dit
van God kan bid.

My seuns vlug vir die begeerlikhede van die jonkheid
en jaag na, geregtigheid, geloof, liefde en vrede
saam met die wat die Here uit 'n rein hart aanroep.

My kinders, moenie haastig wees met julle woorde nie

Die bevalligheid is bedrog, en die skoonheid is nietigheid,
maar 'n vrou wat die Here vrees, sy moet geprys word

Gee sterk drank aan hom wat wil ondergaan.

My seuns vertrou God met julle toekoms en ook met
julle finansies. 

As die Here die huis nie bou nie, tevergeefs werk
die wat daaraan bou.

God gee dit vir Sy beminde in hul slaap.

Julle is meer as oorwinnaars en tot alles in staat
deur Jesus Christus wat julle die krag gee

God se gedagtes is vir julle goed en julle het 'n hoopvolle
toekoms, 'n verwagting in Hom.

Ek spreek oor julle  en jul gesinne BONATUURLIKE GUNS
EN BESKERMING.

IN DIE MAGTIGE NAAM VAN JESUS



NIE LANGER 'N SLAGOFFER


Ek ontmoet onlangs 'n vrou wat so vasgevang is in haar
verlede dat sy niemand naby haar toelaat nie.  Sys skepties 
oor alles en vertrou niemand.  Sy praat net wanneer sy voel
dis regtig nodig en jy sien selde 'n glimlag op haar
pragtige gesig.  Aanraking is by haar geen opsie nie.

Ek ry in die week skool toe om daar saam met die mammas
wat omgee te gaan bid en ek dink aan haar.  My hart huil oor haar.

Ek voel ek wil uit my voertuig spring en daar in die 
middel van die verkeer op 'n platform spring en begin skree
dat ons nie langer slagoffers van ons verlede moet wees nie.
Ons vat terug wat die satan van ons gesteel het.  Ons vat
ons trots en ons eer en ons selfrespek terug.   Ons kan niks
aan ons verlede doen nie, maar beslis aan ons toekoms.

Ek kyk 'n fliek saam met die kinders, en die ouer vrou gee
vir die jongdogter raad nadat die ander kinders haar op die
bus gespot het.  Sy sê vir haar:  die grootste wraak wat ons kan
neem, is om iemand verkeerd te bewys.

Kom ons staan op, kom ons vat terug wat die vyand van
ons gesteel het.  Moenie langer die persoon wat jou verkrag,
gemolesteer, verneder, seergemaak en gemaak het asof jy
onbelangrik, nikswerd en dom is,  die mag oor jou gee deur
verbitterd, seer en kwaad te bly nie.



God kan ons vrymaak van verbittering  en seer.  Daars vrede
by HOM en HOM alleen.  

JY IS MEER AS 'N OORWINNAAR DEUR JESUS
CHRISTUS WAT JOU DIE KRAG GEE.


THESES BONES WILL SING:
HOW GREAT ARE YOU LORD