Friday 19 September 2014

DIE KONING HET NOG 'N SKUIF OOR!!!


Mag hierdie boodskap jou vandag net so 
bemoedig soos dit vir my het.  Ek wou op
die top van 'n berg gaan staan en uitroep
hoe GROOT IS GOD


'n Ouerige man stap eendag deur die Louvre en stop by die sataniese skaakspel.
Doodstil staan hy vir lank die prent net en bekyk.  Toe hy skielik lewe kry en begin
uitroep: "dit is 'n leuen, dit is 'n leuen!".  Ander mense in die gallery het kom kyk
wat aangaan. Wat is die leuen? vra hulle terwyl hy aangaan om uit te roep. Die
Kurator van die museum daag op.  "Meneer, is hier 'n probleem, kan ek help?"
Die man kyk die kurator in die oe en sê: "Ek is die Franse skaakkampioen, ek sê
vir jou dit is 'n leuen!".  Die Kurator was nog steeds verward - wat is 'n leuen?

Die man wys na die skaakbord en sê:
Die skilder sal die skildery moet verander,
 of hy sal die titel moet verander.  
Kyk, die spel is nie oor nie, dit is 'n leuen,
dit is nie skaakmat nie, 
die Koning het nog 'n skuif!"

'n Klein seuntjie met 2 vissies en 5 brode en duisende mense.
Dit lyk soos skaakmat, maar dit is 'n leuen, want die Koning
het nog 'n skuif, en hulle tel 12 mandjies kos na die tyd op.

'n Man met die naam Daniel word gegooi in 'n kuil vol
honger leeus.  Dit lyk soos skaakmat, maar dit is 'n
leuen, want die Koning het nog 'n skuif oor!

Jesus kom by die graf van Lasarus.  Hy's al 3 dae dood.
Die graf ruik sleg.  Dit lyk soos skaakmat, maar dis 'n 
leuen, want die Koning het nog 'n skuif oor.!

Die vrou by die put, moet deur mans met klippe doodgegooi
word.  Dit lyk soos skaakmat, maar dit is 'n leuen want die
Koning het nog 'n skuif oor,  "Gaan en moenie langer sondig nie"

Die moordenaars saam met Jesus aan die kruis.  Dit lyk
soos skaakmat, maar dis 'n leuen, want die Koning het nog
'n skuif oor, "jy sal saam met my in die Paradys wees"

Op Goeie Vrydag word die Lam geslag.  Die mense skreeu
veroordelend - "Kruisig Hom! kruisig Hom!" Hulle spot
Hom en slaan Hom.  Hulle spoeg Hom en kap Hom met
spykers vas aan 'n kruis.  Jesus skreeu met 'n hortende
asemteug en gebarste lippe dit uit: "Eloi, Eloi lama sabagtana!
My God, my God, waarom het U my verlaat?"
Eenkant staan mense en sê: "Ander kon Hy red, maar
Homself kan Hy nie red nie."  Dit is verby, skaakmat, gaan
maar huis toe - satan leun smalend oor die skouer van die
mens,  alles is verby.  Maar dan kom opstandig Sondag
en ek en jy WEET.  Dit lyk soos skaakmat, maar dit  is 
'n leuen, want die Koning het nog 'n skuif oor!!

DIE LAND IS IN 'N GEMORS.  Moorde vind orals plaas.
Kinders word wreed verkrag.  Mense verloor hul werke,
huise, huwelike, lewens, selfrespek, waardes, morele, harte
en verstand.  Jou lewe is 'n gemors. Jy soek, jy klop,
jy roep, jy huil, jy lag, jy raak kwaad, jy voel leeg, jy
voel verlore.  Jy soek jou voetspore, maar vind  verdwaalde
paaie.  Satan staan en lag.  Dis verby.  Sluk daai pil, trek
die sneller, gee daai tree oor die rand........
Vrees is aan die orde van die dag.  Vrees bepaal jou
kom en jou gaan.  Vrees vir jou lewe, vrees vir jou medemens,
vrees vir jouself, vrees vir jou gedagtes, vrees vir jou
omstandighede, vrees vir more,  vrees vir die herinnering
van gister,  vrees vir die omstandighede van vandag.

VREES ......
Maar vandag wil ek vir jou sê: Die spel is nie oor nie!!!
DIE KONING VAN ALLE KONINGS HET NOG 'N SKUIF OOR!!!!!!


Friday 12 September 2014

CINDY EN JESS - BESKERM DEUR DIE BLOED V JESUS


Ek is so dankbaar vir bloed en die beskerming van Jesus.

Twee jaar gelede toe ons in Heroldsbaai net buite
George gebly het, het my 2 dogters, Cindy en Jessica
afgegaan strand toe om in die "tidalpool" te swem.
Dit was hoogwater en die branders was baie hoog.

Ek het in die kombuis gesit en het skielik 'n gevoel
van onheil ervaar.  Ek weet dit was God se Gees wat
my bewus gemaak het dat die vyand 'n aanslag iewers beplan.
Ek het nie geweet wat dit was nie, maar het spontaan
die bloed van Jesus oor Cindy en Jess begin pleit.
Ek het vir God gevra om hulle te beskerm.

Na 'n halfuur of so het hulle ingestap gekom en die 
oomblik wat ek hulle sien het ek geweet daar het iets
gebeur.  Hulle het aan skok gely en het gehuil.  Cindy
se bene was oral stukkend gekap en hulle het net
na my toe gekom en ek het hulle vasgehou.

 Hulle het begin vertel hoe die branders eers vir 
Cindy uit die swembad in die see gegooi en sy net met haar
vingerpunte aan die rotse vasgehou het. Sy't gebid 
dat Jess net binne moet bly.  Jess het egter besluit
sy gaan vir Cindy red en het oor die rand gespoel
  Sy kon ook net aan die rotse gryp en vasklou met haar
vingerpunte. Die mense op die strand het saamgedrom
 en nie dadelik besef die twee jongmeisies is in
 die moeilikheid nie.

Op 'n stadium het Cindy se vingers losgegly en sy
kon net weer met haar vingers aan die volgende rotse
vasgryp.  Hulle het gebid en gehuil en die volgende oomblik
het 'n brander gekom en hulle oor die rotse gegooi en
terug binne-in die swembad.  Mense het die bloed
van hulle afgewas en vir hulle water gegee vir die skok.
Cindy het in 'n skoktoestand teruggery huistoe.

Ek glo die oomblik toe ek die bloed van Jesus en
God se beskerming oor hulle gebid het, was die oomblik
toe die brander hulle teruggooi in die swembad.

Aan die koning van die Eeue, die Onverderflike, 
Onsienlike, Alleenwyse God
Kom toe die lof die eer en die heerlikheid. 
Tot in ewigheid
Amen

ONS HET U LIEF O HEER.