Wednesday 5 April 2017

"n Gewaad van LOF


Gedurende my Graad 10 jaar het ek baie uitdagings gehad en
dit het gemaak dat ek naderhand nie meer wou skool
toe gaan nie, en was dus baie afwesig. 
Ek was altyd siek en baie keer was dit net verskonings 
om by die huis te wees.  Dit het daartoe bygedra dat
ek nog meer minderwaardig gevoel het en ook die leuen
van die vyand geglo het wat vir my vertel het ek is nikswerd.

My mamma het in een van my baie moedelose oomblikke vir
my 'n skrifgedeelte in Spreuke 18:13 gegee.
DIE GEES VAN 'N MAN ONDERSTEUN HOM IN SY KRANKHEID
MAAR 'N VERSLAE GEES, WIE KAN DIT OPBEUR?

Ek het dit daardie dag gelees en nie werklik besef wat dit
beteken en wat ek daaruit moet leer nie. 
Vir jare het ek gereeld daardie vers gelees maar nie
werklik sin daaruit gemaak nie.

So twee weke gelede het werklik nodig gehad om 
daardie spesifieke vraag uit God se Woord,  te beantwoord.

Ek het vir die hoeveelste keer Jesaja 61 gelees en daardie
dag het God se Gees my aandag op vers 3 gevestig. 
Om vir die treurendes in Sion te beskik dat aan hulle gegee
word SIERAAD VIR AS, VREUGDEOLIE VIR TREURIGHEID
EN
'N GEWAAD VAN LOF VIR 'N VERSLAE GEES

WOW
Hoe wonderlik was dit.  Ek wou dans en sing en juig.
My vraag is beantwoord.  

King James Bible 
To appoint unto them that mourn in Zion, to give unto them
BEAUTY FOR ASHES, THE OIL OF JOY FOR MOURNING, THE
GARMENT OF PRAISE FOR THE SPIRIT OF HEAVINESS.

Vanoggend wil ek saam met Psalm 34:2-4 uitroep en se:
Ek wil die Here altyd loof, sy LOF sal altyddeur in my
mond wees.  My siel sal hom beroem in die Here, die ootmoediges
sal dit hoor en bly wees.  Maak die Here saam met my groot,
en laat ons saam SY NAAM VERHEF.

Mag God vir jou gee - Sieraad-vir-as, vreuge-olie vir treurigheid
'N GEWAAD VAN LOF VIR 'N VERSLAE GEES.
in Jesus Naam
AMEN