Monday 21 November 2016

DIT is die ware wonderwerk.....


My sus het tot geroep en wou weet wanneer
gaan Hy ingryp en my volkome genees, want
ek vertrou al soveel jare vir 'n wonderwerk.

God se Gees het duidelik met haar gepraat en 
sy het vir my die volgende boodskap gestuur:

God sÊ vir jare roep sy na my, maar vir jare
is EK by haar, IS sy in 'n wonderwerk.
EK is met haar, EK het haar vir geen oomblik
gelos nie.  Kyk hoe dra EK haar deur.
Te midde van hierdie siekte is EK met haar.
EK dra haar deur en
 DIT IS DIE WARE WONDERWERK

As ek terugkyk op my lewenspad dan weet
ek verseker dit is alleenlik HY wat my gedra het,
en nog steeds dra elke dag.  Sonder HOM is my
lewe niks en is ek niks.  

Ek kyk soms na my simptome en wil moedeloos 
raak, maar daars 'n lied wat Ray Boltz
 sing, wat sÊ "i dare to believe that miracles still 
happen, for the God that we serve is much
more than able".  En dis daai geloof in die
Lewende God waarin ek sal vasstaan totdat 
Hy kom.  

Vader
Ek is dankbaar dat U my deurdra elke dag
Dankie dat U met my is en my versterk.
Dankie dat u my herinner dat elke asemteug
wat ek gee, 'n wonderwerk is. 
Ek wil my oe gevestig hou op Jesus Christus,
die begin en die voleinding van my geloof.
Ek het u lief Here
Amen

THESE BONES WILL SING
HOW
GREAT
IS OUR
GOD